Guptas se vlerke geknip – SAL nou hul voorland en nie meer privaat straler

Die berugte Indiese familie gaan dalk met SAL moet vlieg as hul nie die agterstallige betalings doen op hul privaat straler nie, wat bekend staan as ZS-OAK.

‘n Kanadese regerings uitvoer agentskap (EDC) het begin met regsaksie teen die Guptas omdat hul nie hul paaiemente betaal nie. Volgens berigte is die uitstaande skuld op die straler tans $28,3 miljoen en hul paaiement is $1,4 miljoen.

Die straler was in November vir 48 uur op Lanseria verbied om te vlieg. ‘n Onbekende bank het daarna ‘n waarborg uitgereik waarna EDC toestemming gegee het dat die straler weer gebruik kon word.

Navraag by EDC het bevestig dat die finansieringsooreenkoms gekanselleer is en volgens berigte probeer die Guptas keer dat daar op die straler beslag gelê word om die uitstaande skuld te delg.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!