Haarkapper in Welkom vermoor

Die liggaam van André Christiaan Gebhardt (53 jaar), ‘n haarkapper van Riebeeckstad in Welkom is vandeesweek gekry in sy huis, vanwaar hy sy besigheid bedryf het.

Sy pa het vroegoggend op hom afgekom na hy gaan ondersoek instel het omdat hy hom nie op sy selfoon in die hande kon kry nie.

Hy moes ‘n leer leen om oor die geslote toegangshek te klim. Die voordeur en veiligheidshek was volgens die polisie oop gewees.

‘n Tou, wat gebruik word om gordyne mee terug te bind was om sy seun se nek. Sy hande was met skoenveters vasgebind. Die polisie vermoed hy is verwurg.

Die huis is geplunder, en ‘n voertuig wat langs die huis geparkeer was is blykbaar ook geplunder.

Dit is op hierdie stadium nie duidelik hoeveel verdagtes betrokke was nie. Welkom se polisie ondersoek ‘n saak van moord.

Bron- Vryburger


Enjoyed this post? Share it!