Hani-vrou woedend vir regter

Chris HaniDie vrou van die vermoorde kommunis, Chris Hani, is glo woedend omdat die regter hul aansoek om appel geweier het in die Hooggeregshof.

Limpho Hani, wat vroeër gesê het mnr. Clive Derby-Lewis moet tot sy dood in die tronk bly, het weer ’n rondte verloor toe haar regsverteenwoordigers nie daarin kon slaag om te keer dat Janusz Walus op parool vrygelaat word nie.

Die Hani vrou het aan ander lede van die kommunistiese party gesê die regter,

Nicolene Janse van Nieuwenhuizen is vyandig, en het die opmerking herhaaldelik gemaak.

Politieke ontleders sê die optrede van die Hani vrou wek die indruk van haatdraendheid teenoor blankes, en die uitspraak van die blanke regter, wat ’n blanke oortreder op parool toelaat, is klaarblyklik een te veel vir haar.

Kenners wys daarop dat die gebruik van die ANC-SAKP kommunistiese regime om swart familielede te nader om hulle “toestemming” te kry om moordenaars se parool toe te staan, totaal buite die regsbeginsels is.

In hierdie geval, meen die kundiges, is Hani geen opgeleide regspersoon om te besluit of iemand vir parool kwalifiseer al dan nie.

Indien dit wel gebeur soos wat tans die geval is, beteken dit dat die swartes wat meer as ’n duisend blankes in die volksmoord vermoor het, nie parool moet kry voordat ’n familielid van die vermoordes toestemming gegee het nie.

As dit nie so gedoen word nie, bevestig dit dat die kommunisme besig is om gruwelike diskriminasie teen blankes toe te pas.

Hani se regsverteenwoordigers was woedend toe hulle aansoek om appèl met koste van die hand gewys is, en nader nou die Appèlhof in Bloemfontein in ’n poging om Walus in die tronk te hou.

Intussen het ’n kommunistiese vakbond gesê as Walus op parool vrygelaat word, sal hulle die reg in eie hande neem.

Bron -Vryburger

Enjoyed this post? Share it!