Harte en beursies word oopgemaak vir Knysna – maar bereik dit egter die regte eindbestemming?

Die afgelope week het Suid-Afrikaners  hul harte en beursies oopgemaak vir die talle mense wie se lewens deur verwoestende brand in Knysna vernietig is. Honderde inwoners het al hul besittings en selfs hul huise in die brand verloor. Volgens die provinsiale regering was die dodetal gister reeds 9, waarvan een ‘n brandweerman was. Daar is reeds sowat 10 000 inwoners reeds uit Knysna uit ontruim.

Die Wes-Kaapse Rampbestuur-Sentrum beskryf die Knysna brande as een van die mees verwoestende brande in ‘n baie lang tyd. Die Knysna-brande volg kort na die ergste storm wat die provinsie in die laaste twee dekades getref het.

Volgens ‘n artikel deur Times Live is daar ‘n moontlikheid dat die vure wat die afgelope week verantwoordelik is vir die verwoesting in Knysna, moontlik brandstigting is. Die forensiese ondersoekbeampte David Klatzow het gesê dat die moontlikheid dat 27 vure op die gelyke tyd op verskillende plekke per ongeluk sou ontstaan, baie onwaarskynlik is.

Die dae lange brande in die Knysna gebied het nie net honderde mense van hulle woonplekke beroof nie, maar het ook lewens geëis en totale chaos veroorsaak.

Plettenberg-Bay-Jan-Venter-2

Roerende verhale van vlugtende mense voor die vlamme, en baie mense se trane oor geliefdes wat omgekom het, eiendom wat in vlamme opgegaan het, en vele ander skrikwekkend gebeurtenisse sal nog vir lang tye die hoof opskrif van mense se ervarings bly.

Na bewering het 9 mense al met hulle lewens betaal, meer as 400 wooneenhede en 40 ander strukture is vernietig, talle motors het wrak status gekry,  en mense wat net die klere aan hulle lyf oorgehou het, is alles deel van die verskriklike tragedie wat die pragtige kusdorp getref het.

Daar bestaan ongekende behoefte in die Knysna  area na die ramp wat hulle getref het. Suid-Afrikaners regoor die land is met ’n veldtog besig om kos en ander lewensmiddele te versamel om honderde mense by te staan in hulle nood.

Daar is veral ‘n groot behoefte aan nie-bederfbare kos, gebottelde water, oogdruppels, troeteldierkos, matrasse en komberse, klere vir beide mans en vroue en kinders, sjokoladestafies vir energie, skoene en sokkies, en enige ander produkte wat in ‘n noodsituasie behulpsaam kan wees.

Regoor Suid-Afrika stroom hulp in om ’n lewensveranderende verskil te maak aan die inwoners van Knysna wat dit werklik nodig het.

Deon van Rooyen het al die afgelope drie dekades  gewerk as ’n bewaarder by ’n  gevangenis. Nou staan hy, ‘n kollega en ’n 1000 ander  in ’n ry by ’n kerk in Knysna om dalk een van die 500 kospakkies wat uitgedeel word  vandag te ontvang.

Van Rooyen vertel: “Jy sien hierdie soort ding op die TV, maar jy dink nooit dit gaan hier gebeur nie,” Hy was een van diegene wat geraak word deur die verwoestende inferno wat deur die Tuinroete geskeur het. Voor hom is ‘n tou van mense wat om die kerkgrond skuifel.

Die meeste van die mense wat vandag hier is, is nie regstreeks geraak deur die vuur wat verlede week die gebied ontwrig het nie. Diegene wat hul huise verloor het of as gevolg van die vuur gely het, is ontevrede oor die “opportuniste” wat wil voordeel trek uit die grootste ramp wat die gebied al ooit ervaar het.

“Van hierdie mense is sedert 07:00 hier,” het Van Rooyen gesê.  Die waarder weet om niemand te belet om die perseel te betree nie, al was daardie selfde persoon gister ook hier om ’n pakkie te kom ontvang.

Elke 30 sekondes laat hy in twaalf mense, meestal vroue, maar die lyn word nie korter nie en hy glo dat wanneer die kos en klere klaar is, die skare dalk die gebou kan storm.

“Wat kan ek teen 1000 mense doen?” Die verwoestende brande het sy broer se lewe geëis. Van Rooyen het gesê twee van sy kollegas by die Knysna-korrektiewe fasiliteit het hul huise verloor.

 

Naby die kerk is ‘n ander verspreidingspunt, maar hier het hulle ‘n register met die name van geaffekteerde mense. Hul name word van ‘n lys afgemerk nadat hulle ‘n sak vol kos en ‘n sak klere ontvang het.

Eerw. Rod Jamieson, in beheer van die verspreidingspunt by sy kerk, het gesê hoewel nie almal hul huise verloor het nie, is almal deur die ramp geraak.

“Ons draai nie iemand weg nie, want ons het almal tans hier in Knysna nodig,” het hy gesê.

Knysna inwoner en vrywilliger Gene Kruger het verduidelik dat die situasie by verspreidingsentrums “naby chaos” is en dat meer mense daagliks aankom om klere en kos te versamel.

“Ons het van die begin af ‘n sentrale punt nodig vir die rampverligting, sodat mense daar kon gewees het, hulself registreer en ‘n eenvoudige keuringsproses voltooi,” het Kruger gesê.

Intussen het verskeie inwoners van Knysna  die SAUK genader met stawende  inligting wat daarop aandui dat daar onreëlmatighede plaasvind by seker verspreidingspunte in en rondom Knysna. Na bewering bereik nie al die skenkings en noodvoorraad  die regte eindbestemming nie. Hier onder volg ‘n video greep wat deur ‘n joernalis van Front Nasionaal geneem is gedurende die week by een van die verspreidingspunte in Knysna.

*Sarie vertel: “Ek het gestaan en kyk hoe ’n persoon groot aantal kos sakke in  taxi bussie inlaai vir eie gewin by een van die verspreidingspunte.”

Hoogs ontstoke vertel sy die volgende: “Ons het oppad terug huis toe (Wilderness) een gesien wat afgelaai word net voor Hoekwil afrit… let wel… nog geen brande was toe daar gewees nie..  die knaap en sy gespuis het sakke en sakke klere en kruideniersware gehad.

Volgens Sarie kon sulke voorvalle voorkom word indien daar  ’n beter koördinerings stelsel inwerking was by verspreidingsspunte.

b

Bogenoemde was egter nie ’n geïsoleerde voorval nie.  Talle bronne het na vore gekom met bewys stukke van foto’s en video greep materiaal waar die publiek wat geensins geraak was deur die brande ’n punt daarvan maak om voordeel te trek uit die skenkings.

*Bet is in Knysna inwoner in murg en been. Sy beweer dat die media nie die korrekte feite en informasie deurgee aan die res van Suid-Afrika en die wêreld.

“Volgens die nuus is meer as 10 000 mense displaced.  Die grap is, daar is nie eers 10 000 mense in Knysna nie, maar wel in die township.“

Bet beklemtoon die feit dat hulle self in die township was om skade te bepaal en maak die volgende waarneming:

“Die skade in die township is nie eers 1% nie, maar helfte van Knysna het afgebrand.  Dit maak nie sin nie.  Die nuus gee nie die korrekte feite nie en informasie is nie waar en korrek nie.”

Bet het op sosiale media talle foto’s geplaas wat sy persoonlik geneem het na die brand.  Die foto’s dui sonder enige twyfel  aan dat daar verskeie aantal ongeïdentifiseerde  persone voordeel uittrek met die nood skenkings wat instroom.

“So word die skuldiges gevoer op die koste van die arme mense wat geensins hulp kry nie.”

Na hierdie bogenoemde uitlating op sosiale media vertel sy die volgende en staaf dit met verskeie duidelike foto’s.

“Ons het die persone gevolg wat belaai was met skenkings.  Ons het hulle agtervolg deur die townships.  Hulle is deur ‘n voertuig opgelaai en voor hulle huis afgelaai wat aan die anderkant van die township geleë is en waar daar geen skade het nie.

13                                         14

Dit is hartseer om te aanskou hoeveel Suid-Afrika vir die slagoffers in Knysna omgee, maar dit is nog meer hartroerend om te sien dat diegene wat werklik van die noodhulp afhanklik is dit nie ontvang nie.  Baie Suid-Afrikaners het ten tye van die brande hewig teenstrydig gereageer toe daar melding gemaak is dat die brande moedswillig aangevuur was.  Dit was uitgekryt vir fop nuus en die gene wat dit waag om standpunt in te neem om dit brandstigting te noem is uitgekryt vir rassiste en opstokers.  Die skrif is nou teen die muur en saak van brandstigting word ondersoek.  Die spreekwoord luit nie verniet: “Waar daar ’n rokie is, is daar ’n vuur!”

Daar sal ongetwyfeld ook weer geskree word  “fop nuus” tot betrekking met die verspreiding van kospakkies,  net soos dit die geval was  ten opsigte van brandstigting aanklag.

Tans word daar ’n reuse- poging aangewend om die mense van Knysna met bystand te verleen.  Dit is ’n riem om die hart om Suid-Afrikaners saam te sien staan ten tye van nood. Kom ons maak seker dat die noodvoorraad die regte huishoudings bereik wat aangeraak is deur die vuur en nie aan elke Jan Rhaap en sy maat wat wil voordeel trek uit ander se ongeluk nie.

* Skuilname is gebruik om die identiteit van die persone te beskerm.

Geskryf:  Elizaan


 

Enjoyed this post? Share it!