Herdenking van Die Slag van Vegkop: “Swart lê die kaffers, blom van die leër”


Vanaand kyk ons na die slag by Vegkop en ek speel die opname wat spesiaal hiervoor gemaak is:

Hendrik Potgieter se trek

Teen die einde van 1835 verlaat Potgieter sy plaas op trek na die noorde. Families soos die Steyns, Krugers, Liebenbergs, Bothas en die familie Robberts sluit by hom aan sodat sy trek teen die tyd dat dit die Oranjerivier bereik, uit ‘n aansienlike aantal waens bestaan. Met behulp van vlotte word hulle in Februarie 1836 by Winterhoekdrif, naby die huidige Bethulie, net onderkant die samevloeiing van die Caledon- en Oranjerivier, deur die rivier gebring. Sodra die trek buite die koloniale grense is, word ‘n algemene vergadering gehou en word hy tot kommandant gekies om orde op die trekpad te handhaaf.

Volgens oorlewering sluit ‘n groep Colesberg-Trekkers onder Sarel Cilliers by Boesmansberg, ongeveer twintig myl reg wes van die huidige Smithfield, by Potgieter aan. Die trek is iewers tussen die huidige Bloemfontein en Thaba Nchu deur, tot aan die Vetrivier ten suidweste van die huidige Theunissen. Daar vertoef die Potgietertrek ‘n geruime tyd, en met die oog op weiding vir die groot troppe klein- en grootvee verdeel dit nou reeds in kleiner trekke, een waarvan reeds in Mei 1836 by Bloudrif aan die Sandrivier laer opslaan.

Op 24.5.1836 vertrek Potgieter met elf man te perd en vergesel van een of meer ligte ossewaens hiervandaan om die binneland vir nedersettingsdoeleindes te verken, en om met ‘Lang Hans’ van Rensburg en Louis Tregardt se geseslkappe in aanraking te kom. Die kommissie verlaat die laers aan die Sandrivier en reis effens noordoos en daarna op die waspore van Tregardt en Van Rensburg oor die Vaalrivier, verby Suikerbosrand (die huidige Heidelberg), tot aan die boloop van die Olifantsrivier. Van daar gaan hulle deur Strydpoort tot by die soutpan aan die westelike punt van die Soutpansberg, waar hulle teen die einde van Junie 1836 Tregardt met sy trek aantref.

Enige dae later sit die kommissie die reis oor die Limpopo, oor die Nuanetsi, en deur die uiterste suidoostelike hoek van die teenswoordige Rhodesië voort. By ‘n kraal van ‘n Knopneuskaptein draai hulle om en keer teen die einde van Julie by die standplaas van Tregardt terug, waarvandaan in Augustus die terugreis aanvaar word. Waarskynlik is suidwaarts oor die terrein van die latere Pretoria gery.

Sommige trekkers versprei oor die grasvlaktes tot aan die Vaalrivier – twee groepe trek selfs die rivier deur. Die Liebenbergs vestig hulle reg teenoor die huidige Parys waar hulle op 25 Augustus onverwags deur ‘n Matebele-impie aangeval word en bykans uitgewis word. Die ander trekgroepe, vroegtydig gewaarsku deur Stephanus Erasmus wat met sy jaggeselskap nog verder noord staan, slaag daarin om die Matebele by die sogenaamde Vaalrivierslag terug te slaan. Die oorlewendes trek oor die Vaalrivier terug. ‘n Gedeelte vat na Blesberg (Thaba Nchu) koers, maar die res, aangevul deur sommige Trekkers suid van die rivier, trek hulle in ‘n laer by die latere Vegkop, ietwat ten suidooste van die teenswoordige Heilbron, saam. Hier sluit Potgieter en sy kommissie die begin van September by hulle aan.

200px-Andries_Hendrik_Potgieter,_Delagoabaai

Andries H. Potgieter

Die slag by Vegkop

Potgieter plaas die laer strategies op die stygende terrein aan die suidelike voet van die rand en versterk dit behoorlik. Teen die middel van Oktober 1836 vind hier die slag van Vegkop plaas. Onder die bekwame en kalme leiding van Potgieter slaan ‘n veertigtal trekkers 6,000 Matebele-krygers van Mzilikazi, met groot verliese terug. Die oorwinning kom egter die Trekkers, en veral die kommandant, duur te staan. Die enigste gesneuweldes was sy broer, Nicolaas Johannes Potgieter, en ‘n skoonseun van hom, Pieter Johannes Botha, terwyl sy 400 beeste en 5,600 skape saam met al die Trekkers se vee weggevoer word.

 

Beroof van hul voedsel en trekdiere, stuur Potgieter sy broer, Hermanus Philippus Potgieter, om hulp suidwaarts. Van Thaba Nchu stuur Moroka, die Rolonghoof, en James Archbell, die Wesleyaanse sendeling by hom, osse en melkkoeie om hulle daarheen terug te bring.

 

Ons speel die opname wat Sonette Liebenberg vir ons gemaak het baie dankie vir jou harde werk en die beskikbaarstelling van die stuk

16-10-1836 – VEGKOP

In die volgende tafereel word deur Totius die slag by Vegkop geskilder, waar Sarel Cilliers met 40 man ‘n aanval van oor 5,000 Matabeles afgeslaan het in Oktober 1836. Soos ‘n woedende orkaan sien ons die Matabele-hordes op die klein laertjie losbars. Duisende asgaaie deurklief die onstuimige lug onder helse geskreeu, maar sterk in hul godsvertroue staan man en vrou sy aan sy:

Bleek blink die seile vér teen die hang,
swart kom die kaffers met driftige drang,
bewend omhoog rys gebed en gesang –
o so bang!

Donker gevaartes dond’rend temet,
blitsende flitse van pyle gewet,
borend na bowe die skietgebed:
Here red!

Hoor die gebruis teen die wawiel aan!
Hoor die geklots oor die seile slaan!
Sug van vertwyfling die boesem ontgaan:
Heer, dis gedaan!

Vas lê die roer in die trekker se hand,
fluks hou sy vrou by die stryder stand,
weg vlug Kalipi weer na sy land –
ver oor die rand!

Swart lê die kaffers, blom van die leër –
‘Samel by hope die vyand se speer!
God het geseën man en geweer!
Sink dan terneer!
Hom sy die eer!’

 

vegkop

Só is die Slag van Vegkop in 2011 buite Heilbron herdenk.


Enjoyed this post? Share it!