Heuninghoender

Heuninghoender

heuninghoender

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaaktyd: 40-45 min.
Heuningsous
1 rooi-ui, fyn gekap
5 ml (1 t) gerasperde
vars gemmer
30 ml (2 e) sojasous
125 ml (½ k) sjerrie
15 ml (1 e) heuning
Hoender
8 hoenderporsies (boudjies en dye)
sout en pas gemaalde swartpeper
15 ml (1 e) olie
1. Heuningsous Meng al die bestanddele.
2. Hoender Geur die hoender met die sout en peper. Giet die sous oor die hoender.
3. Verhit die olie in ’n skottelskaar (of ‘n braaipan) en braai die hoender stadig in die sous tot gaar.
4. Sit voor saam met rys.
Wenke
• Pleks van gemmer kan jymosterd byvoeg.
• Toets so of die hoender gaar is: Druk ’n toetspen in die dikste deel van die vleis – as die sappe helder en niemeer
• bloederig is nie, is dit gaar.
Deur Huisgenoot Digitaal op November 21, 2014

Enjoyed this post? Share it!