HEUNINGKOEK

Bestanddele
1 koppie suiker
2 eetlepels gouestroop
1 eetlepel water
2 teelepels koeksoda

METODE
Smelt suiker, stroop en water saam.
Sodra suiker klaar gesmelt is, laat mengsel kook tot mooi karamelkleur.
Hou pot dop, dit brand baie gou.
Gooi koeksoda net so droog in en sien hoe dit opblaas.
Gooi onmiddelik op ‘n gesmeerde bakplaat en laat koud word.

Bron: RSG
Plasing:* Antoinette
RESEPTE EN WENKE


 

Enjoyed this post? Share it!