Hits die ANC Misdaad en Korrupsie Sindikaat die Vlamme van Volksmoord aan?


Volksmoord en Korrupsie is vanaand onder die soeklig en ons kyk weer na die nuus dat 50% van ‘n plaas aan die arbeiders gegee moet word en Volksmoord en korrupsie

Dinge wat deur my kop gaan is – eerstens Volksmoord

  • Ons Kultuur en verlede word uitgewis, deur die geskiedenis wat verdraai word in ons skole en ons erfenis terreine wat afgebreek en vernietig word.
  • Ons monumente en standbeelde word vernietig
  • Ons stede en dorpe en straat name word verander
  • Ons is uit die werkplek gedryf
  • Ons boere en bejaardes en sagte teikens word wreedaardig gemartel en vermoor

Een van die vele berigte – Vereeniging Aanval, Man Vermoedelik Deur Werker Vermoor

VEREENIGING – ‘n Man (64) oud is op Buyscelia plotte, Vereeniging in Sentraal-Transvaal Sondag aand vermoor in sy huis.

  • Ons Skole en Universiteite word oorgeneem ‘n student groep by die Pukke dreig om die plek die volgende paar dae onregeerbaar te maak  – “ Vice Chancellor Dan Kgwadi said afterwards there were too many issues to address immediately, but agreed to provide feedback in the next seven days.” Is dit aanvaarbaar wonder ek ?
  • Ons taal word eenkant toe uitgeskuif Taal van die onderdrukker? Waarmee die opstande in 1976 die ware agendas verdoesel het. Wie is die ware onderdrukking en Kolonialiseerder gewees?
  • Ons land word lam gelê deur stakings brande en verwoesting – Die land lê in puin!!!!

 

Ons kyk na van die noodberigte

  • Munsipale werkers het gedreig om die hele JHB area in duisternis tehul met hul staking Nehawu strike later this month will seek to cripple Gauteng courts
  • Woolies workers on strike – CENTURION – A strike is expected at the Woolworths’ Midrand distribution centre on Monday following a confirmation from Woolworths that limited strike action is taking place.
  • EERSTEGELUK ? Just less than two months after the violent Steelpoort strike came to an end, it flared up again on October 13.
  • A Nulaid Eggs truck loaded with eggs was torched by residents of Tukakgomo who blockaded the R555 next to Lannex Mine. They demand jobs at nearby mines.
  • ALERT
  • Hundreds of legislature employees yesterday began a food boycott over the alleged ill treatment of canteen staff by catering company boss Viwe Vazi.
  • Just a heads up national NUMSA strike tomorrow. To be confirmed of the affected areas.
  • Johannesburg. EMPD: Minibus taxis are parading busy roads and taxi drivers are desserting commuters. The cause of the ‪#‎TaxiStrike is not yet known. Affected roads include Barry Marais, Sam Sekoati and MC Botha. Police officers are on the scene to monitor the situation.
  • 13/10/2015. In Tulisa Park we’ve received a report of taxi drivers intimidating motorists on Heidelberg Rd between the N12 & South Rand Road

 

Ek wonder wat gaan van die land oorbly? Daar is net ‘n handjie vol mense wat opstaan en veg die res is passief en oordeel nog diegene wat bly veg

  • Hoop jy die buiteland gaan help? – nee my vriend hulle gaan nie
  • Die Polisie en die weermag? – nee ook nie
  • Jy sê jy hoop maar dit sal beter gaan in die rëenboogland vir ons almal se part hoop ek jou hoop beskaam nie
  • Korrupsie voer hoogty en niks word gedoen nie
  • Aan die eenkant kry jy een groep wat skree Selfstandigheid is die oplossing, aan de anderkant een wat roep Selfbeskikking en ‘n ander een sê hy wil die hele SA red  – Die Volk is verdeeld en dit is presies wat die kommunistiese regering wil hê

 

Netwerk24 berig “Wapens dalk in verregse hande”! Wees versigtig vir die staat…..hulle beplan dalk nog ‘n groot Boeremag sage. Dis hier waar hulle ons Onskuldige manne gaan toesluit……..die een gaan groot wees.

Wapens dalk in verregse hande?

‘n Oudpolisielid wat na bewering gesteelde vuurwapens aan Kaapse bendelede verkoop het, het in ‘n verklaring gesé  hy vermoed van die vuurwapens het ook in die hande van verregse groepe beland.

Christiaan Prinsloo (55), ‘n voormalige kolonel in die polisiediens, het glo nadat die  vermoede by hom posgevat het alle bande met Allen Raves, ‘n vuurwapenhandelaar van Gauteng, verbreek.

In die verklaring wat by die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien is, erken Prinsloo sy betrokkenheid by die vuurwapensmokkelnetwerk.

Die verklaring is deel van die staat se aansoek om op Prinsloo se bates beslag te lê .

Prinsloo en Raves staan in die Bellville-landdroshof tereg op aanklagte van onder meer moord, poging tot moord en diefstal van ammunisie, rampokkery, korrupsie, onwettige verandering van ‘n vuurwapen en diefstal.

Die polisie het ook ‘n Masjiengeweer in klopjag gekry.

‘n Ander polisieman wat toegang gehad het tot die kluise waarin die vuurwapens gehou is, het glo een dag aan hom (Prinsloo) gesé  hy (die ander polisieman) het ‘n kluis vol geld, maar geen mark nie.

Hy het glo by Prinsloo gekla oor sy tekort aan geld.  –Netwerk 24

 

  • Die Land is met sweet en bloed gekoop
  • EFF wil al die landbou grond proporsioneel verdeel onder al die inwoners want hulle voel dis onregverdig dat die land wat die witman van die swarte gesteel het in 40 000 wit boere se besit is

 

Nou kom die 50/50 verdeling van die Plase kom ons kyk wat word daar in die nuus oor dit gesê

 

Netwerk 24 berig:

Die 50/50-voorstel ingevolge waarvan boere die helfte van hul plaas met werkers moet deel, nou amptelik ANC-beleid

Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming en lid van die ANC se subkomitee oor grondhervorming, het Sondag bevestig dat die ANC die voorstel as beleid aanvaar het en al toepas.

Hy het op die hoofraadsvergadering gesê talle voorstelle ter ondersteuning van die beleidsraamwerk is deur landbou-organisasies ingedien en ’n klompie projekte is nou in die formaliseringsfases. In dié fases word grond gewaardeer, sakemodelle nagegaan, vaardigheidsontwikkeling gedoen en eiendom oorgedra.

’n Resolusie oor die beleidsraamwerk is al op die ANC se Mangaung-kongres in 2012 aanvaar, sê Nkwinti. Volgens Nkwinti het sy departement die beleid om die resolusie ontwikkel. “Die ANC se lekgotla het die beleidsraamwerk in Februarie vanjaar aanvaar en geformaliseer en daar is besluit dat daar met die toepassing voortgegaan sal word.

 

AfriSake berig – ‘50/50-plan sal nie by grond bly nie’

Die 50/50-plan sal nie by landbougrond bly nie en sal ook op ander bateklasse van toepassing wees, meen AfriSake.

“As grondeienaars bereid gaan wees om 50% van hul grond prys te gee, is dit net ’n kwessie van tyd voor die staat gaan aanspraak maak op die ander helfte daarvan,” lui ’n mediaverklaring van die sakeregtewaghond AfriSake rakende die aanvaarding van die ANC se nuwe beleid oor grondbesit.

Mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, het Sondag tydens die ANC se beleidskonferensie aangekondig dat party die beleid formeel onderskryf dat boere die helfte van hul grond aan hul werkers moet afstaan. “Geld wat wel ontvang word, sal aan ʼn werkerstrust oorbetaal word,” sê Stefan Pieterse, AfriSake se nasionale woordvoerder. Boere sal dus nie vergoeding vir hul grond ontvang nie.

“Die beginsel wat hier gevestig word, is dat die Regering kan besluit om ’n deel van jóú eiendom te neem en dit vir ’n ander te gee,” sê Pieterse. “Gevolglik sal die Regering nie by grond alleen stilstaan nie, maar sal ook op ander bateklasse beslag kan lê.”

Hy meen die aanvaarding van die beleid skep negatiewe gevolge vir Suid-Afrika se reeds sukkelende ekonomie. Onsekerheid rondom eiendomsreg verhoog risiko vir binnelandse en as buitelandse beleggers. AfriSake is van mening dat die beleid nie die konstitusionele toets sal slaag nie. “Indien nodig sal AfriSake sy lede bystaan om hul eiendomsreg te beskerm.” – Landbou

Die Vryburger berig -Die volgende stap is woonhuise

Die nuutste beleid van die ANC waarin boere hulle plase om die helfte met hulle werkers moet deel, is aanvaar en sal toegepas word.
Dit is natuurlik net die begin. Die volgende stap is sal wees dat as die boer en sy gesin dan slegs uit vier of ses bestaan, dan moet dit demografies en demokraties onder die aanvanklike 10 werkers wat in ‘n jaar tot 100 aangeteel het, verdeel word.
En dan natuurlik is dit blanke woonhuise wat geteiken gaan word.
Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming en lid van die ANC se subkomitee oor grondhervorming, het Sondag gesê talle voorstelle ter ondersteuning van die beleidsraamwerk is deur landbou-organisasies ingedien en ’n klompie projekte is nou in die formaliseringsfases.
In dié fases word grond gewaardeer, sakemodelle nagegaan, vaardigheidsontwikkeling gedoen en eiendom oorgedra.
’n Resolusie oor die beleidsraamwerk is al op die ANC se Bloemfontein-kongres in 2012 aanvaar, sê Nkwinti. Volgens Nkwinti het talle kommersiële boere, veral in die Vrystaat en Noordwes, al aangedui dat hulle deel van die program wil wees. -Vryburger

 

Afri SA Landbou berig – ANC Grondplan, Geen Sprake van Finale Beleid

BLOEMFONTEIN – Geen sprake bestaan van ’n finale beleid rondom die voorstel dat boere 50% van hulle grond aan hul werkers behoort af te staan nie.

Na aanleiding van ‘n berig op Netwerk 24 waarvolgens Gugile Nkwinti, Minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, sou sê dat die voorstel nou amptelik ANC-beleid is, maak Vrystaat Landbou dit in ‘n Nuusverklaring duidelik dat die voorstel tans in ‘n toetsfase is deur loodsprojekte wat oor ‘n tydperk van vier jaar geïmplementeer en gemonitor sal word.

Die interministeriële taakspan wat aangestel is om die proses te dryf, moniteer dit ook. Die taakspan het nog verlede week vergader, en me. Annelize Crosby, Agri SA se parlementêre verteenwoordiger, sê dat Nkwinti in Maart vanjaar tydens sy begrotingsrede aangedui het dat hy bereid sal wees om ‘n meer buigsame benadering ten opsigte van sy oorspronklike voorstel te volg. Hy het die voorneme op ‘n vergadering met die georganiseerde landbou op 22 Mei 2015 herbevestig.

Nkwinti het toe aangedui dat ‘n verskeidenheid van modelle, gebaseer op vrywillige deelname en kommersiële lewensvatbaarheid, oor ’ntydperk van vier jaar tydperk getoets sal word. “Agri SA is van die begin af gekant teen Minister Nkwinti se aanvanklike relatiewe regte voorstel, en dié standpunt het nog nooit verander nie,” aldus Crosby.

Agri SA steun egter ‘n buigsame benadering waarvan vrywillige deelname, ekonomiese lewensvatbaarheid en volgehoue produksie, die uitgangspunte is. Dit is dan ook die basis waarop Agri SA deelgeneem het aan die betrokke werkgroep op relatiewe regte se werksaamhede en waarom Agri SA gehelp het om die kriteria vir die loodsprojekte te ontwikkel en projekte na die taakspan verwys het.

Die terme van verwysing is geskoei daarop dat enige landbouer se deelname aan projekte vrywillig is en dat gesonde sake beginsels vir elke projek moet geld. Die betrokke boerdery moet onder andere aan skuldvlak vereistes voldoen en ’n goeie verhouding moet tussen die landbouer of landbouers en werkers heers. Verder moet werkers ook gekeur, gekategoriseer en aangewys word in posisies gebaseer op hulle vaardigheidsvlakke.

Voorstelle oor grondhervorming, asook die verskeie alternatiewe wat Agri SA al aan die Regering voorgehou het, sal hierdie week by dié organisasie se kongres bespreek word – Afri SA Landbou.com

 

TLU SA vra  – Is ANC dan misdaad-sindikaat?

Indien pres. Jacob Zuma se uitlating waar is dat geen plek bestaan vir SA-besighede wat nie die ANC ondersteun nie, maak dit die ANC in wese die grootste misdaadsindikaat in die land, meen die TLU SA.

Ná ‘n inligtingstoer in verskeie provinsies wat die TLU SA-voorsitter, mnr. Louis Meintjes, saam met dr. Frans Cronjé van die Instituut vir Rasse-aangeleenthede, onderneem het, skets Meintjes sy indrukke, asook oor die ANC se pas afgelope nasionale hoofraadsvergadering in Gauteng.

Meintjes en Cornjé se inligtingsbesoeke was op verskeie plekke in Gauteng, Noordwes, die Vrystaat en KZN gehou,

Meintjes sê in ‘n nuusverklaring dat dit opmerklik was hoe eensgesind boere op grondvlak is oor beginselsake wat die landbou raak, maar daarom soveel meer onbegryplik dat nasionale landbou-organisasies oor dieselfde beginselkwessie verskil.

“Dit voel amper of landbou-organisasies op nasionale vlak voeling met die boer op grondvlak verloor het, en daarom uitsprake maak en beleidsrigtings ondersteun wat beslis nie deur boere op grondvlak ondersteun word nie.”

Meintjes sê dat hy verras is oor die vasberadenheid van die boere om steeds voort te gaan met hulle bedryf, ten spyte van die knellende droogte wat dreig om hierdie jaar ‘n tweede agtereenvolgende jaar ‘n ramspoedige merk op landbou te laat.

“Maar juis daardie vasberadenheid vind ook neerslag in hulle eendragtige weiering om oor hulle grond en hulle eienaarskap daarvan te onderhandel. Die TLU SA se Landbouplan vir Volhoubaarheid is met groot geesdrif aanvaar as rigting vir die pad vorentoe,” sê Meintjes.

Hy wys daarop dat alles waarteen hy en dr. Cronjé tydens die toer gewaarsku het, die afgelope naweek op die ANC se konferensie bespreek is. “Ek het na pres. Jacob Zuma se toespraak geluister waar hy dit duidelik gestel het dat die ANC, saam met die SAKP, die sosialisme en kommunisme aanhang en werk om dit in Suid-Afrika te vestig.

“Die wêreld het al genoeg rampspoedige bewyse wat die kommunisme aan ‘n land en veral sy landbou doen. Die boere wat ons gesien het, staan sterk op die vryemark-beginsel, en die beginsel van private besitreg. As deel van die vrye ondernemerskap behoort daar ook geen gedwonge inmenging te wees in die eienaarskap van ‘n plaas nie, en daarom kan ek dit kategories stel dat die meerderheid van die boere in Suid-Afrika, die ANC se beleidstandpunt dat boere 50% van hulle plase aan hulle werkers moet afstaan, in geheel verwerp.

“Dit is die soort kommunistiese inmenging wat die ANC onmiddellik wil implementeer, en die vraag moet gevra word of Suid-Afrika regtig anders is as ander voormalige kommunistiese state dat hy wel ‘n kommunisties/sosialistiese beleid en regering sal kan oorleef?” vra Meintjes.

“Voorts is ek baie bekommerd oor Zuma se uitlating dat daar geen plek vir besighede in Suid-Afrika is wat nie die ANC ondersteun nie. In ander woorde kom dit daarop neer dat die ANC se goedgesindheid gekoop moet word op welke wyse ook al om te kan sake doen in Suid-Afrika.

“Sou dit waar wees, maak dit die ANC in wese die grootste misdaadsindikaat in die land. Hierdie is ‘n toets vir die integriteit van die land se besighede: Gaan hulle Zuma se stelling goedsmoeds aanvaar en daaraan gehoor gee, of gaan hulle hul stem dik maak?” vra Meintjes.

Meintjes het ‘n beroep gedoen op die hele landbou-waardeketting om hom openlik en ondubbelsinnig uit te spreek ten gunste van die vrye mark-ekonomie, wat private besitreg insluit.

“Boere moet daardie selfde beginsels ondersteun ter wille van hulle eie oorlewing. Boere is daar om te boer. Daar kan nie van hulle verwag word om hulle eie ondergang te bewerkstellig deur die aanvaarding van polities-korrekte grondhervormingsplanne, of om enige persentasie van hulle plase aan hulle plaaswerkers af te staan, of om hulle te laat deel maak van enige sosiale program wat die uitsluitlike taak van die regering is,” het Meintjes afgesluit. – TLU SA

 

Korrupsiekrisis in Suid-Afrika groter as Nkandla – Solidariteit

Korrupsie in Suid-Afrika het krisisafmetings bereik en strek veel wyer as die berugte Nkandla-debakel. Dít is volgens ʼn nuwe verslag wat vandag deur die vakbond Solidariteit vrygestel is. Die verslag bevat besonderhede van nege korrupsieskandale wat die belastingbetaler die afgelope paar jaar veel meer gekos het as die R246 miljoen wat aan die president se Nkandla-woning bestee is.

Solidariteit het verskeie mediabronne en indekse gebruik om tien gevallestudies te ontleed. In die tiende plek is die berugte Nkandla-debakel, terwyl nege ander instellings en gevalle dit ten opsigte van die omvang, erns en invloed op die korrupsieskaal uitstof. Dit sluit onder meer die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die departement van binnelandse sake in.

Een van die grootste regeringsblapse wat in die verslag bespreek word, is die R620 miljoen wat deur die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) aan ondoeltreffende lokomotiewe spandeer is. Boonop toon ʼn onlangse verslag deur die Ouditeur-generaal (OG) dat Prasa onreëlmatige uitgawes van ten minste R790 miljoen aangegaan het.

Volgens dr. Eugene Brink, senior navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut, is die bevindings wat in die verslag gemaak word, hoewel skokkend, net ʼn druppel aan die emmer. “Dit is onmoontlik om die werklike omvang van korrupsie in Suid-Afrika te kwantifiseer aangesien heelwat korrupsie ongesiens en ongestraf plaasvind. Daar is boonop nόg voorvalle van korrupsie wat groter as Nkandla is wat nie in hierdie verslag genoem word nie. Daarom is die bevindinge in die verslag nie allesomvattend nie en bloot ʼn aanduiding dat korrupsie onteenseglik een van die grootste krisisse in ons land is,”  verduidelik Brink.

Brink meen een van die grootste nadele van korrupsie is dat landsburgers van broodnodige dienslewering ontneem word. “Die verkwisting van die land se hulpbronne verklaar daarom gedeeltelik die hoë voorkoms van gewelddadige optogte regoor die land.  Boonop skrik korrupsie beleggers af en sakevertroue ly daaronder,” sê Brink.

Solidariteit het die genoemde verslag onder verskeie rolspelers, insluitend die openbare beskermer, Thuli Madonsela, en die waghondorganisasie, Corruption Watch, se aandag gebring. Die verslag vorm ook deel van Solidariteit se omvattende sosialemedia-veldtog teen korrupsie.

Die tien korrupsieskandale wat in die verslag onder die loep geneem word, sluit in:

  1. Plaaslike regering
  2. Tenderpreneurskap
  3. Tshwane se voorafbetaalmeters
  4. Die SAPD
  5. Die Metropolisie
  6. Prasa
  7. Vals kwalifikasies
  8. Die departement van binnelandse sake
  9. Die kabinet en parlement
  10. Nkandla

 

Ná maandelange gekibbel oor die moontlikheid van ’n naamsverandering vir die historiese Rhodes-Universiteit in Grahamstad is dié wiele eindelik aan die rol.

Stephen Fourie, registrateur, het verlede week ’n oproep om benoemings vir ’n naamsverandering-taakspan uitgereik.

Dié benoemings moet glo “vooraanstaande” persone wees wat die geskiedenis en vooruitgang van die universiteit in hul belang het.
“ ’n Institusionele subkomitee sal die voorgestelde name vir die taakspan oorweeg en ’n kortlys opstel,” lui ’n verklaring deur Fourie. “As al die voorstelle eers oorweeg is, sal aanbevelings aan die universiteitsraad voorgelê word.”

Die universiteit is meer as ’n eeu gelede genoem na Cecil John Rhodes, ’n voormalige eerste minister van die destydse Kaapkolonie.

Die verlangde naamsverandering spruit uit omstrede ­debatte oor die “gebrek” aan transformasie nadat die stu­dentebeweging Rhodes Must Fall in Maart vanjaar ’n standbeeld van Cecil John Rhodes op die kampus van die Universiteit van Kaapstad ontsier het.

’n Student, wat anoniem wil bly, meen dit is lankal tyd vir dié verandering.

“Die feit dat ons universiteit die naam van ’n ‘verdrukker’ dra, beteken dat ons verdrukking goedkeur,” het hy gesê.

“Ons hoop van harte dat die voorsitter van die universiteitsraad nie halfpad van plan sal verander nie.”

Vuyo Kahla, voorsitter van die universiteitsraad, kon nie gister vir kommentaar bereik word nie. – ALVENÉ APPOLLIS

 

Enjoyed this post? Share it!