Hoe Afrikaners sonder ‘n skoot die land kan terugvat

Die huidige toestande in die land en in die wêreld daarbuite maak my baie opgewonde. Die tyd is nou amper ryp om Suid-Afrika terug te vat sonder om ‘n skoot te skiet, presies soos wat die ANC-SAKP dit in 1994 gedoen het!

Goed-goed, hulle het heelwat geweld in aanloop tot die 1994-verkiesing gepleeg, waaronder die 200 gevalle van terreur, maar uiteindelik was daar geen militêre konfrontasie met die NP-bewind nie, bloot die verkrummeling van laasgenoemde tydens hul sogenaamde “oorgawe sonder neerlaag” soos Hermann Giliomee dit genoem het.

In judo en ander vorme van gevegskuns is daar ‘n tegniek om jou opponent se momentum te gebruik om hom te laat val of seer te maak. Dis presies wat ons tans behoort te doen.

Ongelukkig is die massa Afrikaners so gebreinspoel deur die media dat hulle geen idee meer het wie die opponent of die vyand is nie, maar dit maak ook nie so erg saak nie; solank ‘n minderheid van ons wel ingelig is en strategies kan dink.

Wie is ons vyande? Ten eerste natuurlik die ANC-SAKP en EFF, noem hulle maar die Afro-Marxiste. Maar daar is ook die Engelse liberale wat in die DA en ander organisasies saamgegroepeer is en tans in ‘n verbete stryd met die ANC verkeer. Omdat hulle, anders as die ANC, nie werklik oor getalle beskik nie, wil hulle die ekonomie en veral ons geldeenheid, die rand, gebruik om die ANC onder druk te plaas. Dit is waaroor die gedoe oor Pravin Gordhan, Malusi Gigaba en die ministerie van finansies gaan.

Ons sien dus dat hier twee sterk neigings is: die ANC/EFF wat toenemend antiblanke geweld gaan gebruik, waaronder die onteiening van grond, en die Engelse liberale groepering wat ekonomiese afpersing wil toepas om die mag oor te neem. Die twee vul mekaar natuurlik aan om een afwaartse spiraal vir die land te vorm, want hoe meer geweld die ANC/EFF en hul ondersteuners pleeg soos by Coligny, Eldoradopark en elders, hoe meer gaan die rand daal en die ekonomie daaronder ly.

Ons moenie die “Nuwe Suid-Afrika” wat val, probeer red nie. Laat hom val, en gee hom ‘n stamp of skop in die rug dat hy vinniger en harder val. Maniere hoe ons daartoe kan bydra, is die volgende:

* Hou enige spaargeld of kontant in buitelandse geldeenhede aan (sommige plaaslike banke bied reeds valutarekenings aan wat mens naas jou randrekening kan bedryf).

* Versprei al die negatiewe nuus oor Suid-Afrika wyd en syd in die buiteland (nes die ANC-SAKP in die tagtigerjare gedoen het).

* Werk saam met regse groepe in die VSA en Europa om die negatiewe nuus te versprei en sodoende beleggersvertroue in die land verder te ondermyn.

* Begin ‘n internasionale “Boikot Suid-Afrika”-veldtog (nes die anti-apartheidsbeweging destyds gedoen het). Sekere internasionale maatskappye kan gevra word om die land te verlaat, anders gaan al die regse Europeërs, asook Trump-ondersteuners in Amerika, hulle in die buiteland begin boikot.

Die gevolg hiervan sal wees dat die ekonomie inkrimp, werkloosheid styg en die spontane geweld wat reeds deur die swart massa gepleeg word, toeneem. Enige apatiese liberale Afrikaner wat nog nie “wakker” is nie, sal wel uit sy slaapwandeling ontwaak sodra hulle sy huis of motor begin brand soos op Coligny en ander plekke reeds gebeur.

Intussen sal ons noodgedwonge ons teen die geweld en wanorde moet beskerm. ‘n Vorm van diensplig sal weer ingestel moet word sodat ons ons woonbuurte en dorpe kan patrolleer en aanvalle die hoof kan bied.

Al stuit dit ons teen die bors, moet ons egter niks doen om die breër chaos en agteruitgang in die land te keer nie. Laat hom val, nog vinniger as wat Zimbabwe in die vroeë 2000’s in duie gestort het. Op ‘n gegewe oomblik en afhangend van omstandighede, kan ons dan toetree en dele van die land, of dalk die hele Suid-Afrika — afhangend van wat ons pas — stabiliseer en ‘n soort tussentydse Afrikanerregering saamstel. Dis egter belangrik om te besef dat ons nie met enige van die ander groepe, wat ons historiese vyande is en nog nooit iets goeds vir ons in die oog gehad het nie, moet saamwerk nie. Ons moet ook weier om deel te wees van enige onderhandelings of pogings vanuit die buiteland om die situasie te beredder.

“Demokrasie” of Afro-Marxisme of wat jy ook al die sirkus wil noem wat hom tans afspeel, het misluk. Die mislukking is permanent, nes in Zimbabwe. Ons moet dit afskryf as ‘n slegte eksperiment en nooit weer daarheen terugkeer nie. ‘n Groot deel van die huidige parasitiese heersersklas moet uit die land verban word, soos dit was. Laat hulle Zimbabwe toe gaan, of Kuba, of Venezuela of watter plek hulle ook al verkies.

Die stedelike Engelse sal in groot getalle emigreer soos wat die ekonomiese pyn begin toeneem. Dis die ironie: die 1994-revolusie wat deur die Engelse media en elite gelei is, gaan hulle self vernietig. Waarskynlik ook die Indiërs wat in ‘n hoë mate deel van Engelse Suid-Afrika is. ‘n Mens noem dit ‘n “Phyrriese oorwinning”; dit is wat 1994 vir hulle was.

Al wat gaan oorbly, is so twee miljoen Afrikanerpioniers en onderling vegtende swart stamme wat honger ly. Suid-Afrika gaan sodoende terugkeer tot dít wat dit in die negentiende eeu was, hoewel die internet nog hier en daar sal werk.

Van daar af sal ons weer van nuuts af aan kan begin bou. Enige poging om egter die huidige inploffing te probeer keer, is nie net tot mislukking gedoem nie, maar druis wesentlik téén ons eie belang in.

Ons belang is om die land of daardie dele waaraan ons waarde heg, terug te neem. Dis al wat tel. Intussen moet ons al ons energie daarop fokus om ons te beskerm en te versterk, waaronder veral ons taal, kultuur en identiteit. Terwyl die res in die strate onluste pleeg of mekaar doodmaak, moet ons musiek speel, boeke skryf en oplet dat die hekke dig gesluit is en elkeen stiptelik sy wagstaanbeurt nakom.

Geskryf:  Dan Roodt


 

Enjoyed this post? Share it!