Hoender-en-piesangpizza

Lewer 12 pizzabasisse
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 6 minute

KORS
650 g (4¾ k) bruismeel
420 ml jogurt
1 sakkie (10 g) kitsgis
5 ml (1 t) papawersaad
5 ml (1 t) sesamsaad
knippie sout
semolina om op uit te rol

VULSEL
4 hoenderborsies, gaar gestoom en in stukke geskeur
60 ml (¼ k) gemengde kruie, gekap
skil van 1 suurlemoen
1 piesang, in dun skyfies gesny
pampoensade
250 ml (1 k) edamkaas, gerasper
125 ml (½ k) broccoliblommetjies
60 ml (¼ k) stingeluie, gekap

  1. KORSPlaas al die bestanddele behalwe die semolina in die mengbak van ’n elektriese menger en verwerk tot ’n sagte, gladde deeg vorm. (Meng andersins al die bestanddele en knie goed tot dit glad en elasties is en nie meer aan jou hande vaskleef nie.) Bedek met kleefplastiek en laat ’n uur by kamertemperatuur rus.
  2. Verdeel die deeg rofweg in 12 bolle, of meer na gelang van hoe groot jy die basisse wil hê.
  3. Rol die deeg so dun moontlik uit op ’n oppervlak wat met semolina bestrooi is.
  4. Bak 3-4 minute alkant by 270 °C (of warmer as jou oond kan) tot goudbruin en gaar.
  5. VULSELMeng die hoender met die kruie en suurlemoenskil. Sprinkel saam met die res van die bestanddele oor die pizza en rooster onder die roosterelement van die oond tot die kaas net gesmelt is.

Huisgenoot Januarie 24, 2014


 

Enjoyed this post? Share it!