Hoender-noedel sop

Jy het nie ingewikkelde bestanddele nodig om hoendernoedelsop te maak nie.

GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 25 min.

750 ml (3 k) hoenderaftreksel
4 beenlose hoenderborsies, in blokkies gesny
2 cm vars gemmer, fyn gemaal
1 knoffelhuisie, fyn gekap
50 g noedels
80 ml (⅓ k) bevrore soetmielies
2 sprietuie, gekap
10 ml (2 t) sojasous
’n hand vol basilieblare

  1. Giet die aftreksel in ’n pot en voeg die hoender, gemmer en knoffel by. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte, bedek en laat prut 20 min. tot die hoender sag is.
    2. Voeg die noedels, mielies, die helfte van die sprietuie en die sojasous by. Laat prut 3 min. tot die noedels sag is.
    3. Skep in twee bakke en strooi die oorblywende sprietuie en kruie oor.

Huisgenoot digitaal Mei 25, 2016


 

Enjoyed this post? Share it!