Hoenderpanpastei

food - no description

food – no description

Omskep oorskiethoender in ’n vertroostende maaltyd.

GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 40 min.

250 g spekvleis, gekap
50 g botter
1 ui, gekap
4 wortels, in skywe gesny
2 selderystokke, gekap
sout en vars gemaalde peper
4 tiemietakkies
60 ml (¼ k) meel
1 liter hoenderaftreksel
4 hoenderborsies, gaargemaak en versnipper
250 ml (1 k) room
3 aartappels, in dun skywe gesny

  1. Voorverhit die oond tot 200 ˚C.
  2. Braai die spekvleis tot bros in ’n kastrol met 20 g botter oor matige hitte. Skep dit met ’n gaatjieslepel uit en sit eenkant, maar los die spekvleisbraaivet in die kastrol.
  3. Voeg die ui, wortels, seldery, sout en tiemie by en braai oor matige hitte tot die groente versag. Voeg die meel by, roer en braai nog 2 min.
  4. Giet die aftreksel in en laat prut.
  5. Voeg die hoender en room by en laat prut nog 5 min. Geur met die sout en vars gemaalde peper. Roer die gaar spekvleis in.
  6. Plaas die hoendermengsel in ’n oondvaste bak. Meng die aartappels in ’n bak met die oorblywende gesmelte botter, sout en vars gemaalde peper.
  7. Strooi oor die hoender en bak 20 min. of tot goudkleurig.

Bron: Huisgenoot Maart 15, 2016

Enjoyed this post? Share it!