Hoërskool Overvaal gee Lesufi bloedneus in hof

Die hof het ten gunste van Hoërskool Overvaal besluit wat die departement van onderwys verhinder om 55 sogenaamde Engelssprekende leerlinge toe te laat tot die skool.

Regter Bill Prinsloo het bevind dat daar twee Engelstalige skole in die omgewing is wat inderdaad nog plek het om leerlinge in te neem, en dat Overvaal vol is dus nie deur Lesufi se departement gedwing kan word om hulle in te neem nie.

Die Gautengse LUR vir onderwys, Panyato Lesufi, was woedend oor regter Prinsloo se uitspraak, en het onmiddelik aangekondig dat die departement gaan appelleer teen die uitspraak. Daarvoor het hy weer belastingbetalersgeld nodig om sy stryd teen Afrikaans en blankes voort te sit.

Ouers wat aan die verloorkant van die hofsaak was het na die uitspraak gesê dat hulle die skool sal afbrand tot op die grond. Lesufi het egter gevra dat hulle net moet dans en sing as die skool begin, en hulle beloof dat hy die saak die Grondwethof sal voer.

VF Plus se adv. Anton Alberts het die uitspraak as “bemoedigend” beskryf, en sê dit wys opnuut dat die politieke speletjies van die Gautengse onderwysdepartement net skade bring vir wit en swart ouers en leerlinge.

Adv. Alberts sê die hof met dié uitspraak bevestig dat die Gautengse onderwysdepartement die skolestelsel op só ʼn wyse manipuleer dat rassepolarisasie onafwendbaar word wanneer vol Afrikaanse skole gedwing word om Engelse leerlinge in te neem al kan hulle nie.

“Die VF Plus het al verskeie kere vasgestel dat daar enersyds nie genoeg skole gebou word in Gauteng om al die tale te akkommodeer nie, asook dat bestaande infrastruktuur nie voldoende gebruik word nie, soos hierdie saak nou uitgewys het.

“Dis is duidelik die hof het bevind dat die Gautengse onderwysdepartement onder Panyaza Lesufi eerder daarin belang stel om politiek te bedryf as om hul grondwetlike pligte na te kom deur seker te maak daar is genoeg geriewe om leerders van alle tale te akkommodeer.

“Hierdie uitspraak is bemoedigend en ek hoop indien dit op appèl geneem word, die appèlhof dieselfde siening sal handhaaf,” sê adv. Alberts.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!