Hof hoor Hlaudi het nie SAUK8 afgedank

Hlaudi Motsoeneng. Foto: Catherine Rice/ANA

Die arbeidshof in Johannesburg het Woensdag gehoor Jimmy Matthews, voormalige waarnemende hoof van die SAUK (SABC), was verantwoordelik vir die afdanking van agt joernaliste by die uitsaaier in Julie 2016.

Thabani Masuku, voormalige SAUK (SABC)-bedrysfhoof Hlaudi Motsoeneng se regsverteenwoordiger, het aangevoer sy kliënt moet nie persoonlik aanspreeklik gehou word vir die onregmatige afdanking van die joernaliste in die sogenaamde SAUK8-saga nie.

Die arbeidshof het op 11 Mei ʼn aansoek van die vakbond Solidariteit toegestaan om Motsoeneng saam met Simon Tebele, die waarnemende hoof van nuus by die SAUK (SABC), as respondente by hul kostebevel teen die SAUK (SABC) te voeg.

Masuku het verwys na Tebele se verklaring dat die joernaliste afgedank is in opdrag van Matthews. Hy het ook aan die hof gesê daar is nog ʼn bestaande verklaring deur voormalige waarnemende uitvoerende hoof James Aguma wat aandui dat Motsoeneng nie iets verkeerd gedoen het nie.

Solidariteit en die Broadcasting, Electronic, Media & Allied Workers Union (Bemawu) versoek die hof dat die drie voormalige SAUK (SABC)-hoës aanspreeklik gehou word vir die SAUK8 se regskostes teen die SAUK (SABC).

Die kostebevel-aansoek het gekom nadat die SAUK8 suksesvol was in hul hofaansoek om hul afdanking deur die openbare uitsaaier teen te staan. Hulle is afgedank nadat hulle Motsoeneng se opdrag teëgegaan het dat geen gewelddadige betogings op die uitsaaier se platforms uitgesaai mag word nie.

Die SAUK (SABC) se regsverteenwoordiger, Phillip Mokoena, het aangevoer dat die SAUK (SABC) net vir 10% van die kostes aanspreeklik gehou moet word.

Enjoyed this post? Share it!