Hof sê jy mag rassisties wees slegs as dit jou amptelike beleid is – soos in Apartheid!

Die week hoor ons dat die Polisie asook die Pretoria (tswane) Munisipaliteit se ras kwota’s slegs wettig is as dit deel van ‘n amptelike beleid is. Klaarblyklik het die wiel nou 360 grade gedraai.

‘n Brief – wat in Netwerk24 se besit is – sit die polisie in die Wes-Kaap se rasseteikens vir bevorderings uiteen en is op 9 Maart vanjaar deur lt. genl. Lineo Ntshiea onderteken.

Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se arbeidshof-afdeling, beskou hierdie riglyne as ongrondwetlik.

“Ons Grondwet, verskeie wetgewing – wat insluit maar nie beperk is tot die Wet op Gelyke Indiensneming nie – asook regverdigheid en billikheid, onderskryf nie dié soort rigiede toepassing van ’n kwotastelsel nie.

Indien die polisie voortgaan met ’n sogenaamde kwotastelsel van bevordering – waar geen wit of bruin kandidate na die range van kaptein, luitenant-kolonel of kolonel Ein die Wes-Kaapse polisie bevorder word nie – sal dit onherstelbare skade aan die staatsdiens aanrig.

So het Solidariteit gereageer op die brief van die polisie se personeelhoof wat aan die bevelvoerder van die Valke, alle nasionale afdelingshoofde, provinsiale kommissarisse, adjunk- nasionale kommissarisse en die ministerie van polisie gestuur is.

Intussen het die arbeidshof in Johannesburg vandeesweek bevind dat die gebruik van ’n kwotastelsel in die werkplek onwettig is. Dié uitspraak is gelewer na aanleiding van Solidariteit se hofsaak oor onbillike diskriminasie teen die Tshwane Munisipaliteit. Kragtens die hofuitspraak moet die munisipaliteit mnr. Jan Pretorius, ’n water-ouditbeampte, bevorder en terugwerkend vergoed.

Regter Faan Coetzee het onder meer bevind dat die munisipaliteit onbuigsaam opgetree het toe hy Pretorius telkens vir bevordering oor die hoof gesien het. Die hof het voorts bevind dat die munisipaliteit se aanstellingsbeleid, waarvolgens daar suiwer op grond van ras en geslag teen mnr. Pretorius gediskrimineer is, op ’n kwotastelsel neerkom wat strydig is met die Wet op Diensbillikheid.

Dr. Dirk Hermann, bedryfshoof van Solidariteit, sê die hof het in sy uitspraak daarop gewys dat die munisipaliteit se aanstellingsbeleid slegs op syfers sonder enige meetbare doelwitte berus. “Dit kom dus neer op die subjektiewe uitsluiting van individue van die nie-aangewese groep. Die uitspraak maak dit egter duidelik dat staatsdepartemente sonder regstellendeaksieplanne nie agter beleidsdokumente sonder behoorlike regstelteikens en meetbare doelwitte kan skuil nie,” het Hermann gesê.

Hermann meen vandeesweek se hofuitspraak is enig in sy soort aangesien dit die eerste keer is dat die hof bevind het dat daar deur middel van ʼn kwotastelsel onbillik teen ’n wit man gediskrimineer is. “Die hof het bevind dat om poste net aan die hand van die nasionale rassedemografie te vul óf selfs vakant te laat ten koste van geskikte wit mans, onwettig is. Die hof het voorts bevind dat die munisipaliteit geen regsgronde gehad het om ʼn toepaslik gekwalifiseerde kandidaat uit die onderhoudproses te laat nie. Boonop het hulle ook nie in ag geneem dat die pos ʼn skaars vaardigheid vereis nie,” sê Hermann.

Hermann het bygevoeg dat alle werkgewers kragtens vandeesweek se uitspraak gedwing word om voortaan ʼn genuanseerde benadering tot regstellende aksie te volg. “Die uitspraak het weereens bevestig dat numeriese teikens in regstelplanne of beleidsdokumente ʼn verskeidenheid van faktore in ag moet neem. Hierdie uitspraak skep dus die nodige regsgronde vir toekomstige sake oor gevalle waarin daar op grond van kwotas onbillik teen individue van die nie-aangewese groep gediskrimineer word,” het Hermann bygevoeg.

Kragtens vandeesweek se hofbevel moet Pretorius op 1 Mei 2016 amptelik in die pos as voorman van ambagte, wat tans steeds vakant is, aangestel word. Die munisipaliteit moet ook terugwerkende vergoeding aan Pretorius betaal. Die vergoeding behels die verskil tussen sy huidige salaris en die salaris wat hy as voorman van ambagte gedurende die tydperk 8 Oktober 2013 tot 30 April 2016 sou verdien het.

imro

 

Agtergrond oor die saak:

Pretorius, wat sedert 1999 vir die Departement van Water en Sanitasie werk, is in Augustus 2012, en weer in Julie 2013, weens sy velkleur oor die hoof gesien toe hy vir die pos voorman: ambagte aansoek gedoen het. Dit is ten spyte van die feit dat Pretorius deur ʼn paneel as die mees geskikte kandidaat vir die posisie aangewys is. Die munisipaliteit het boonop nie in hierdie tyd oor ’n goedgekeurde regstellendeaksieplan beskik nie.

Die pos waarvoor Pretorius aanvanklik in 2012 aansoek gedoen het, is weer in Julie 2013 geadverteer. Pretorius het toe vir ʼn tweede keer aansoek gedoen vir die pos, maar is hierdie keer nie vir ʼn onderhoud genooi nie en is ook nie op die kortlys geplaas nie. Nadat Pretorius ʼn grief hieroor by die munisipaliteit ingedien het, is hy in Oktober 2013 in kennis gestel dat geen wit persone vir die posisie oorweeg mag word nie.

Die Tshwane Munisipaliteit het in Mei 2013 ’n regstellendeaksieplan, terugwerkend vir die tydperk van 1 Julie 2012 tot 30 Junie 2017 aanvaar. Pretorius is glo op grond van hierdie plan nie in die pos waarvoor hy aansoek gedoen het, aangestel nie. Die plan bevat ʼn resolusie wat bepaal dat geen wit persoon in die genoemde posisie aangestel mag word nie.


Lees ook: Swartes Het Hul Eie Apartheid Geskep Saam Met Die Britse Regering in 1845


 

Enjoyed this post? Share it!