Honderde verpleegkundiges wat self studies betaal het, werkloos gelaat wyl beurshouers plasings ontvang.

Honderde verpleegkundiges word blykbaar afgeskeep omdat hulle self betaal het vir studies en nie beurse ontvang het nie, wyl dié wat beurse wel ontvang het, voorkeur geniet en al klaar werk.

Andrea Heyneke, het haar BCur Verpleegkunde graad in 2016 voltooi by die Noord-Wes Universiteit Potchefstroom kampus. As verpleegkundiges moet hulle dus ‘n verpligte gemeenskapsjaar voltooi by ‘n staatsfasiliteit, en die Departement van Gesondheid is verantwoordelik vir hierdie plasings.

Volgens Andrea het hulle 5 opsies gehad waar hulle kon versoek waar hulle wil werk vir hul gemeenskapsjaar, en het in Junie 2016 reeds aansoek gedoen. Op 12 Oktober 2016 het hulle die uitslae gekry van waar hulle geplaas is vir werk en het na dié dorpe verhuis waar hulle dan sou werk.

Op 28 November 2016 het ses van hulle, wat by die PUK gestudeer het, ‘n boodskap ontvang wat sê dat hulle in die derde rondte weer moet aansoek doen vir werk omdat die departement vergeet het om eers die beurshouers te plaas in hulle spesifieke provinsies.

Andrea en baie ander het nie staatsbeurse gehad tydens hul studies nie en hul ouers moes vir hul studies self betaal.

Hulle het gehoorsaam en toe weer aansoek gedoen vroeg in Desember 2016, en die Departement het weekliks belowe dat die plasings binne die volgende week ontvang sou word.

Die 16de Januarie 2017 het Andrea die Departement van Gesondheid gebel om te hoor wanneer hulle die plasings sau kry, aangesien hulle alreeds die 2de Januarie moes begin werk het. Die beurshouers wat voorkeur vir plasings geniet het, het reeds die 2de Januarie 2017 begin werk. Daar was vir haar gesê dat hulle haar nie kan help nie as sy nie ‘n beurshouer is nie, en dat hulle ook nie weet waar daar nog poste beskikbaar is vir hulle is nie.

Volgens die Departement is daar nog 266 verpleegkundiges (waarskynlik ook nie-beurshouers) wat nog nie geplaas is vir gemeenskapsdiens nie, en hulle is ook nie seker of daar poste of fondse gaan wees vir ons nie. Daar was ook vir ons gesê dat ons geen keuse meer sal hê oor waar ons geplaas sal word om te werk nie.

Andrea meen dat hulle nie staatsbeurse gehad het nie, en dus het die staat nie vir hulle studies betaal nie, so hulle skuld die Staat niks, daarom moet hulle geplaas word waar hulle graag wil wees. “Wat maak ons minder as die beurshouers? Ons het almal ook reeds verhuis na die dorpe waar ons eerste geplaas was, en om dit te verander is onregverdig” sê Andrea.

“Ons kan ook nie by die Raad van Verpleging (SANC) geregistreer word nie omdat ons nog nie begin het met die gemeenskapsjaar nie”.

“Dit is belaglik om ‘n graad in verpleegkunde te hê, en steeds werkloos te wees. Ons kan ook nie by enige kliniek of hospitaal aansoek doen of werk nie omdat ons nog nie die verpligte gemeenskapsjaar voltooi het nie”.

Hulle sit nou al 3 maande sonder antwoorde, werk of salarisse. Hulle het al almal geskakel wat hulle moontlik kon en hoop dat iemand wat die berig lees sal kan help om werking te maak van hierdie groot probleem.


 

Enjoyed this post? Share it!

 
  • Anel van Eyssen

    Ek, Anel van Eyssen het met die selfde krisis gesit laasjaar met my plasings en is uiteindelik geplaas in n dorpie waarvoor ek nie eers aansoek gedoen het nie. Om die saak te vererger is my gemeenskapsjaar in Desember al voltooi en is ek steeds nie by SANC geregistreer as n professionele verpleegkundige nie. Ek het almal moontlik al gekontak maar het geen duidelikheid ontvang nie. Alvorens my registrasie nie gefinaliseer is nie mag ek nêrens werk nie. Dus nie n salaris verdien nie. Na vyf jaar wat ek vir die staat werk, eers as student en toe in gemeenskapdiens word daar net gesê “jy mag nie werk voor jou registrasie gefinaliseer word nie”. Ek is van die opinie dat niemand bewus is van die probleme by SANC nie en niemand doen enige iets om dit aan te spreek nie terwyl duisende verpleegsters sit sonder inkomste!

    • Saffa Coza

      Dankie Anel, daar is ook heelwat kommentaar hieroor op die berig op SAUK Nuus Faceboek blad. Dit blyk beslis asof daar baie mense is wat geraak word.

      • Fijma Luijk

        Maar ons het nie genoeg verpleegkundiges in die land nie……ai ai ai