Hot cross bun-Franse roosterbrood met bros spek en heuning

hotcrossbun franse spek broodjie

Hot cross bun-Franse roosterbrood met bros spek en heuning
4 – 6 porsies
2 eiers
30 ml melk
sout en varsgemaalde swartpeper
6 hot cross buns, gehalveer
30 ml olyfolie
250 g spek, brosgebraai in ’n warm pan
60 ml gouestroop
Meng eiers en melk. Geur met sout en swartpeper. Doop elke hot cross bun-helfte in die eiermengsel. Verhit olyfolie tot warm in ’n groot braaipan. Braai tot goudbruin aan albei kante, sowat 2 – 3 minute. Sit warm gebraaide brood met spek en gouestroop voor.
Wenk
Om te verseker dat jou brood en spek op dieselfde tyd gaar is, kan jy jou spek in die oond bak teen 200 ˚C tot goudbruin en bros.
Sarie deur Herman Lensing
29 Maart 2010

Enjoyed this post? Share it!