Hulle hou aan steel, al is dit ‘n gebrande eiendom

Die brande wat woed in die omgewing van Godonsbaai, het reeds miljoene rande skade aangerig, terwyl misdadigers weer poog om gebrande eiendom te plunder.

Volgens die het misdadigers probeer het om by drie van die brandbeskadigde huise in te breek.

Die skade wat veroorsaak is deur die brand wat in die berge bo Gordonsbaai gewoed het, beloop reeds sowat R40 miljoen, en daardie syfer kan nog styg.

‘n Bekende restaurant is ook totaal verwoes in die brand, asook tien ander eiendomme, drie voertuie, ‘n vragmotor en twee fabrieke.

Die brand woed steeds op twee plekke naby Gordonsbaai en sowat sestig brandweer personeel is betrokke by die blus daarvan.


Enjoyed this post? Share it!