Inbrekers buit wapens en ammunisie by vlootbasis

‘n Inbraak by ses vuurwapenstore van die vlootbasis in Simonstad is eers vroeg vandeesweek ondek nadat inbrekers klaarblyklik al vanaf Vrydagaand hulself aan buit gehelp het.

Van die gesteelde items is onder andere Uzi-masjienpistole, handgranate, patrone, ‘n R1-aanvalsgeveer en M1-aanvalsgeweer.

Die diefstal is eers teen 10:00 Maandagoggend ontdek, waarna die militêre polisie ingeroep is. Die Valke is toe betrek omdat die vlootbasis ‘n nasionale sleutelpunt is en daarom binne hulle ondersoekmandaat val.

Die Valke se woordvoerder in die Wes-Kaap, Lloyd Ramovha, het die inbraak bevestig, maar volgens hom weet hulle nog nie presies hoeveel vuurwapens gesteel is nie.

Die vloot het tot dusver nie gereageer op die voorval nie.

Foto – SA Vlootsoldate (foto ter illustrasie)

Bron: Vryburger


Enjoyed this post? Share it!