Indeks waarsku oor SA

Suid-Afrika is in die waarskuwingskategorie geplaas in die Vredesfonds se verslag vir 2016.

Die tienjaar tendense van die “Fragile States”-indeks plaas Suid-Afrika in die waarskuwingskategorie weens die beduidend verslegtende tendense ten opsigte van diep politieke verdeeldheid en sosiale onrus, waaronder toenemende protesoptrede en burgerlike onluste tel.

Suid-Afrika deel hierdie kategorie met lande soos Kazakstan, Kuba en Brasilië.

Die kriteria wat Suid-Afrika in hierdie kategorie laat beland het, sluit in: staatslegimiteit, armoede, ekonomiese agteruitgang, breindrein, lewering van basiese dienste, ongelyke ekonomiese ontwikkeling en protesoptrede.

Die mees “brose” state in die wêreld is Somalië, Suid-Soedan, die Sentraal Afrikaanse Republiek, Jemen, Sirië, Tsjad, die Demokratiese Republiek van die Kongo en Haïti.

 Bron: Vryburger


Enjoyed this post? Share it!