Inligting gesoek na moord op kleinhoewe

Die polisie het die publiek gevra om na vore te kom met inligting wat kan help met die ondersoek na die moord op die 63-jarige man Wayne Skews op ‘n kleinhoewe in Laezonia, Verwoerdburg.

Vier verdagtes het Saterdagaand op hom losgebrand toe hy uitgegaan het toe sy honde geblaf het. Hy is in die bolyf getref en paramedici het hom op die toneel dood verklaar.

Die aanvallers het in die huis gegaan waar hulle sy vrou Susan en twee kinders met toue vasgebind het. Hulle het die huis geplunder en uiteindelik met selfone, ‘n beursie en ‘n vuurwapen ontvlug.

Die Erasmia-polisie stel ondersoek na ‘n saak van moord en gewapende roof, maar niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie.

Bron: Vryburger


Enjoyed this post? Share it!