Instede om droogte ‘n Nasionale ramp te verklaarskryf die regering die boere voor hoe om te boer

In plaas daarvan dat die ANC-bestel die droogte ten einde laaste tot ‘n nasionale ramp verklaar, het die landbou departement ‘n verklaring uitgereik as ‘n onverwagse poging tot gebeurlikheidsbeplanning vir die winter.

Die departement van landbou, bosbou en visserye het boere daarop bedag gemaak om in die komende winter besonder goed na hul diere om te sien omdat baie in ’n swak tot baie swak toestand is weens die droogte.

Die departement wys boere daarop dat die diere en weiveld moontlik in die winter verder sal agteruitgaan omdat die voortslepende droogte reeds sy tol geëis het.

Advies is gegee wat wissel van voer bymekaar maak tot die verkleining van kuddes.

Talle kommersiële boere in die drooggeteisterde dele van die land is trouens al lankal genoop om presies net hierdie planne deur te voer omdat hulle bekend is daarvoor dat hulle vooruit beplan. Juis daarom word hulle as van die beste boere in die wêreld gereken omdat Suid-Afrika ‘n waterarm land is.

Die departement het die toestand van weiveld in die onderskeie provinsies in die verklaring uitgelig, en te oordeel daaraan was dit inderdaad nodig dat die droogte tydig deur die ANC-regime tot ‘n nasionale ramp verklaar moes word.

Die dalende gemiddelde damvlakke in die onderskeie provinsies moes ook as ‘n tydige waarskuwing gedien het dat die droogte krisisafmetings aanneem.

Indien die gemiddeld damvlakke met die oorstemmende tyd verlede jaar (in hakies) vergelyk word, dan skets dit ‘n donker prentjie. Byvoorbeeld in die Wes-Kaap is damme gemiddeld 31% (42%) vol, in die Vrystaat 54% (82%), Oos-Transvaal 63% (87%) en Natal 51% (70%).

Die departement het gewaarsku dat die prys van wit- en geelmielies, sonneblomsaad, sojabone en sorghum tot Desember vanjaar drasties gaan styg. – Vryburger

Enjoyed this post? Share it!