Investec voorspel ramp met ANC beleid

As sogenaamde populistiese beleid deurgevoer gaan word, stuur die land op die lang termyn op ‘n ramp af.

Die waarskuwing kom van die hoofuitvoerende beampte van Investec, Stephen Koseff. Hy was die spreker by ‘n ontbyt by die ANC se beleidskonferensie.

Koseff sê daar moet beter beskerming wees vir die land se sleutelinstellings, soos die Reserwebank. Inmenging daar sal die afwaartse spiraal net versnel en die land se armstes die meeste raak.

Daar moet opgehou word om die private sektor die swartskaap van die ekonomie te maak, net sodat die aandag afgelei kan word van die voortdurende dreinering van die staatskoffers.

Koseff sê die onlangs aangekondigde wysigings aan die mynbou akkoord, gaan niks anders as ‘n ramp veroorsaak nie.

Bron: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!