Inwoner van Jan Kempdorp vermoor op kleinhoewe

’n Inwoner van Jan Kempdorp is volgens AfriForum die afgelope naweek op sy kleinhoewe vermoor.

Mense het op Facebook hulde gebring aan Attie Jooste wat glo gesteek en op die toneel dood verklaar is.

Die polisie sê hulle sal later kommentaar lewer.

Volgens Ian Cameron, hoof van veiligheid by AfriForum, het Jooste glo die kleinhoewe gehuur. Vier mense het hom skynbaar oorval en hy is in die bors gesteek.

Die verdagtes is in hegtenis geneem, volgens Cameron se inligting.

Wiets Botes bring op Facebook hulde aan Jooste: “Oom Attie Jooste. Ons familie gaan jou mis. Jy het vir ons baie meer geleer as wat jy gedink het. Ons gaan oom baie mis. Rus in vrede.”

Deur: Netwerk 24


Enjoyed this post? Share it!