Is dit bendes of terroriste

terroriste

Polisie in Krugersdorp aan die Wes-Rand het ’n waarskuwing uitgereik oor die sogenaamde “Mercedes” bende wat onlangs die gebied met talle gewelddadige en gewapende voorvalle binne geval het.

Dit volg nadat ’n man ’n skietwond opgedoen het in sy maag wat deur een van die bendelede afgevuur is uit die berugte wit Mercedes.

Die swaar gewonde man se vrou is deur die bende aangeval deur twee verdagtes wat ook verbonde is aan die groep wat aanvanklik met hulle skrikbewind in dele van Johannesburg begin het.

’n Voormalige polisie offisier wat vroeër nog in Johannesburg werksaam was, sê die bende bestaan uit ’n hele groep wat by geleentheid ’n vlag van die Islamitiese Staat vertoon het terwyl hulle met semi-outomatiese gewere ’n rooftog uitgevoer het.

Verskeie voorvalle is glo aangemeld waar vroue van hulle juweliersware beroof is, wat ’n kenmerk is van die IS terroriste om hulle verlore olie-inkomste aan te vul, word gesê.

Die polisie soek al maande lank na die skurke wat nie huiwer om te skiet as hulle bedreig word nie, en daarom waarsku die polisie dat mense versigtig moet wees, veral vroue wat alleen in voertuie ry, is ’n sagte teiken.

Bron -Vryburger

Enjoyed this post? Share it!