Is dit dalk die toestand van ons “Reënboognasie” dat ons nie die Rugby bid gekry het nie

Waarnemers sê die man op straat kan bly wees dat die 2023 Rugby Wêreldbekerkompetisie toegeken is aan Frankryk, alhoewel baie dit as ‘n negatiewe opmerking sal beleef.

Die feit is die land het nie die geld en die sekuriteit om die kompetisie aan te bied nie.

Frankryk het 24 stemme teen SA se 15 in die tweede rondte gekry.

Alhoewel geen amptelike rede gegee word vir die besluit nie maar enige nugter buitelander sal bang wees vir die misdaadvlaag wat SA teister, en waarvan al hoe meer toeriste die slagoffer word.

Enorme koste sou aangegaan moes word om spelers se veiligheid te verseker terwyl die soustrein gery sou word deur al wat ‘n administrateur en politikus is.

VF Plus sê die ANC-regering moet die skuld kry dat Suid-Afrika nie gekies is om die rugbywêreldbeker-toernooi aan te bied nie.

“Hierdie behoort ʼn wekroep vir die Zuma-regering te wees wat in ʼn droomwêreld verkeer en dink die internasionale gemeenskap neem nie kennis van die hoë vlakke van misdaad, die korrupsie en magsmisbruik wat die land se ekonomie lamlê nie,” sê dr. Pieter Groenewald.

“Nie eens die feit dat Frankryk self in die laaste tyd onder erge terreuraanvalle deurgeloop het en ʼn baie gunstige wisselkoers vir toeriste kon die skaal in Suid-Afrika se guns swaai nie. Dit behoort duidelik uit te spel hoe laag die wêreld Suid-Afrika tans aanslaan.

“ʼn Mens moet dit seker verwag as toeriste vanaf die OR Tambo-lughawe aangeval, beroof en getraumatiseer word, en wanneer toeriste van Nederland, Peru en Singapoer in hotelle en langs paaie soos onlangs in Magoebaskloof, Kaapstad en Kempton Park aangeval word,” sê dr. Groenewald.


Enjoyed this post? Share it!

 
  • WALK

    sondae kerke leeg, raggabush se stadions vol.