Is dit ons probleem dat SA is soos wat hy is?

Die wanbestuur wat heers in Suid-Afrika vanweë onkunde, korrupsie, gewone skelmstreke en dergelike optrede is sekerlik nie die Boere-Afrikaner se probleem nie, en is reeds ’n kwart eeu gelede voorsien.

As blankes deesdae hulle munisipale rekening vir vullisverwydering betaal het, en dan opgehemel word omdat hulle Saterdag na Saterdag opoffer om strate en parke se gemors op te tel, dan word dit ’n oop deur beginsel dat hulle bereid is om die rekening te betaal en dan nog die munisipaliteit se werk vir hulle te doen.

Of nog erger: Hulle is bereid om die morsjorse van Suid-Afrika te bederf deur hulle gemors agter hulle te gaan opruim.

Dit was en is nie ons volk se probleem om die strate, parke en openbare plekke se gemors bymekaar te maak en te verwyder sodat dieselfde lot hulle weer die volgende naweek tref nie!

Net so is dit nie ons probleem as die land deur die internasionale gemeenskap as derderangse gebied bestempel word nie – behalwe dat die beskaafdes in die land die swaarste getref word, terwyl die skuldiges hulle “onbewus” hou van wat hulle besig is om te doen wanneer hulle historiese geboue afbrand, skole waar hulle self iets kon leer, in vlamme laat opgaan… maar dit is werklik net ons probleem in die mate dat dit Suid-Afrika net verder en dieper die afgrond in dompel.

Nou is die FW-mop seker steeds in hulle noppies oor hoe hulle met ’n halwe Nobel-prys in die hand, die land vernietig het, om van moord, doodslag, roof, plunder, verkrag, korrupsie, lieg en bedrieg nie te praat nie!

Jan de Beer – Die Vryburger, 11-07-2017


Enjoyed this post? Share it!

 
  • Klaus Zwiegler

    HARD TALK: THE DESTRUCTION OF SOUTH AFRICA: HOW THE WHITE SCAPEGOAT IS BEING EXPLOITED TO PAY FOR THE BLACK CARNAGE AND HIS OWN DESTRUCTION