Is Khomotso Phahlane spaarsamige of het hy ook geraamtes in die kas ??

Die waarnemende kommissaris van polisie, lt. genl. Khomotso Phahlane is ‘n goeie voorbeeld van iemand wat korte mette maak met skuld, maar dit wek vrae hoe hy dit regkry.

Volgens hofdokumente kon Phahlane daarin slaag om binne vyf jaar sy skuld met ongeveer R4,2 miljoen te verminder en dit sonder om van sy bates om te sit in kontant. Sy vrou is ook vlytig en het haar voertuigskuld met bykans R1,3 miljoen verminder.

Daar is drie maatskappye wat kontrakte van meer as R93 miljoen met SAP gesluit het en die vraag deur die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat (OPOD) en die onafhanklike ondersoeker, Paul O’Sullivan, is of die kommissaris gebaat het by enige van die toekennings aan die kontrakteurs.

Die segsman van Phahlane wou geen kommentaar lewer op navrae nie aangesien daar ‘n regsproses aan die gang is en die saak dus sub judice is.


Enjoyed this post? Share it!