Is Muammar Gaddafi se miljoene dalk in Suid Afrika?

‘n Paneel van die Verenigde Nasies het in ‘n verslag getoon dat onwettige transaksies tussen Denel en ‘n Libiese groep ‘n gevorderde stadium bereik het waarin Rooivalk helikopters, Atlas Oryx helikopters asook missiel lanseerders en mortiere bestel is.

Die bestelling sou vanuit die Gaddafi regering se “geheime” bates wat glo in SA bestaan het betaal word. Hierdie onderhandelinge het geskied ten spyte van ‘n wapenboikot teen Libië maar het nooit gerealiseer nie.

Volgens die verslag word beweer dat meer as $800 miljoen oorgeplaas is vanuit ‘n Standard Bank rekening in SA na ‘n Stanlib bankrekening in Kenia. Geen reaksie kon verkry word van Standard Bank, die Nasionale Konvensionele Wapen Beheer Komitee of die Departement van Verdediging nie.

Dit is nie die eerste keer dat daar beweer word van Gaddafi miljoene in die land nie. Enkele jare gelede het dit ook uitgelek dat hy ‘n klomp geld in die land gebring het, en na sy dood was daar niemand wat dit formeel kon opeis nie.

Skynbaar het Jacob Zuma na Gadaffi se dood etlike miljoene van daardie fondse aan homself toegeëien, terwyl die speaker van die parlement ook daaruit voordeel sou getrek het.

Bron: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!