Is ons voorland Selfbeskikking of Assimilasie / Uitwissing?


Brokkies in die nuus wat dui dat Selfbeskikking die enigste voorland mag wees.

Ons het gisteraand gekyk na sake van belang in die nuus en lees ook die artikel deur Marius Smith oor selfbeskiking.

Voor ek aangaan met die artikel ‘n kykie na nog belangrike brokkies in die nuus

Artikel 1

Wit Slawe. Die swart Thabazimbi munisipaliteit verhoog belasting met 16000% en sny krag as afpersing…

Daar word gesê mens moenie resultate verwag van werk wat jy nie gedoen het nie, dit is lyk my nie van toepassing op SA waar 85% van die belastingbetalers nie vir die huidige regering gestem het nie.

Van af  Julie 2015 het Thabazimbi Munisipaliteit die eiendomsbelasting van die myn verhoog vanaf R660,000 per jaar na ‘n verstomende R114 Million per jaar!

Dit is nie ‘n tik fout of ‘n misdruk nie dit is byna 16 000% en hulle beskou dit as regverdig.

Ons het vandag  inligting van Thabazimbi af ontvang  die dame skryf   “ die munisipaliteit het ons krag afgesit … ons was Van Maandag af sonder krag tot gister middag so 3 uur se kant.

Gister was daar ‘n hofsaak in Pietersburg oor die hele aangeleentheid. Sover ek kan verstaan het die my aansoek gedoen vir ‘n interdik teen Die munisipaliteit sodat hulle weer ons krag moet aansit.”

Die miljoen dollar vraag is of die munisipaliteit ooit die geld oorbetaal aan Eskom aangesien dat dut blyk asof die meeste munisipaliteite nooit die geld oorbetaal aan die nasionale kragverskaffer nie wat die oorsaak is vir die buitensporige uitstaande skuld aan Eskom.

Hierdie toedrag van sake sal die oorsaak wees dat die myn hul werksaamhede moet staak en sal lei tot die verlies aanwerksgeleenhede en inkomste. Steeds kry die swart inwoners van Soweto gratis elektrisiteit sommiges solank as die laaste 14 jaar.

Dit benadruk weereens die persepsie van SA waar die witman gesien word as die kontant koei en sous trein. Geen wonder die res van Afrika beskou SA swartes as lui nie … – SAUK NUUS

1924912_990931794252190_8199551412472278552_n

 

Artikel 2

Landman: ‘SA is nie Zimbabwe nie’

’n Politieke ontleder sê Suid-Afrika is nie ʼn “towerhemel” nie, maar is ook nie besig om ineen te stort nie.

Mnr. JP Landman, politieke ontleder, het by die AMT-landbouvooruitskouingskonferensie gesê van die R31 miljard wat sedert 1994 tot die einde van die 2013-boekjaar op grondhervorming bestee is, was 74% vir die verkryging van grond, en is dié geld is aan wit boere betaal. “Lyk dit regtig soos Zimbabwe?” het hy gevra.

Hy het ook gesê die Ekonmiese Vryheidsvegters (EFF) se toetrede tot die politieke toneel dwing die ANC om meer na die middel van die politieke landskap te beweeg. Die EFF het, ná ʼn aanbod aan die ANC om gesamentlik die beskerming van eiendomsreg in die Grondwet te verander, die ANC laat sê dat hy grondhervorming binne die bepalings van die Grondwet sal doen, het Landman gesê. “Die EFF is regtig besig om die swakhede in ons stelsel uit te wys,” het hy bygevoeg.

“Wie moet ons bedank? Jul nuwe vriend Julius Malema en sy aanval van links af.” Hy het gesê Suid-Afrikaners moet oor hul senuweeagtigheid oor die EFF kom. Verder moet hulle onthou dat die ANC nie die Grondwet verander het toe hy nog ʼn tweederdemeerderheid gehad het nie. “Dit wys hoe heilig die Grondwet in die politieke bedeling geag word.”

Landman se voorspelling vir die volgende verkiesing is dat die ANC, wat hy in Europese terme as sosiaal-demokraties beskryf, 65% steun sal kry, die “harde linkse kant”15% en die “liberale demokrate” 20%. Ondanks die baie kritiek teen pres. Jacob Zuma se termyn, sê Landman konserwatiewe fiskale en monetêre beleid is behou en baie klem is op infrastruktuur gelê. Volgens hom is die besteding op ekonomiese infrastruktuur nou die hoogste in 25 jaar.

Hy het as voorbeeld gebruik dat daar 10 jaar gelede 10 goederetreine per dag van Johannesburg na Durban gery het, terwyl dit verlede jaar 60 was. Die gebrek aan koördinasie tussen staatsdepartemente is volgens Landman ʼn universele probleem wat ander regerings ook het.

Artikel 3

So verloor Europa die migrante-oorlog

Die eerste belangrike punt om te maak is dat die kommunistiese lande in hulle mou lag vir die optrede van Europa, Brittanje, Kanada en Amerika, wat elke “vlugteling” omarm terwyl dit ’n potensiële terroris is wat gehuisves word.

Terwyl meer as 200,000 onwettige migrante die vasteland van Europa maandeliks binnedring, maak die Europese Unie net voorsiening vir die herontplooiing van 120,000 migrante wat ingedeel word tussen 28 lidlande.

Dit is sowat twee-derdes van die aantal wat die vasteland in een maand binne storm.

Die optrede van Bondskanselier Angela Merkel is ewe verwarrend toe sy aanvanklik die migrante verwelkom het om in Duitsland te kom woon, en etlike dae later word streng grensbeheer toegepas om moontlike terroriste voor te keer.

Lidlande is onseker en verward oor wat hulle te doen staan. Met Merkel van Duitsland wat die ander leiers beïnvloed deur ’n ope uitnodiging te rig dat migrante welkom is in haar land, het tientalle ander state laat napraat en die voorbeeld gevolg.

Die pous van Rome se pleidooi om die sogenaamde vlugtelinge tot redding te kom, het die verwarring vergroot, en uiteindelik staan die lande spreekwoordelik met hande in die hare omdat geweld toeneem, die ekonomie verder versleg, werkloosheid verhoog, onrus toeneem en algehele wantroue in politici vergroot.

Lande soos Hongarye en andere wat hulle betyds voorberei het teen terroriste wat insypel, word aanvanklik verkwalik vir hulle optrede, net om later hulle voorbeeld te volg.

Kenners is van oordeel dat honderde terroriste reeds in elke land in Europa skuil, wagtend vir die regte oomblik om toe te slaan met hulle veragtelike terreuraanvalle op onskuldige slagoffers.

Met ’n sukkelende ekonomie in bykans elke Europese land, wat werkloosheid verhoog soos wat Frankryk reeds bewys, word kiesers keelvol om te sien hoe miljarde euro ingepomp word om onwettige migrante te huisves en te help, terwyl landsburgers sukkel om ’n menswaardige bestaan te voer.

Met die aanwas van migrante, soos Duitsland wat reeds etlike miljoene vreemdelinge in sy poorte het, gaan Europa uiteindelik so verander dat dit ’n algeheel onveilige plek sal wees om in te woon.

Die vreemde godsdiensgroepe wat nou ’n vastrapplek in Europa kry, gaan mettertyd hulle eise stel.

Menseregte, geloofs-regte, kulturele regte, taal-eise in opvoedkundige inrigtings asook in die werksomgewing sal geleidelik toeneem namate die getalleverhouding verander.

Europa se samaritaan-houding gaan nog van Europeërs bannelinge maak in hulle eie gebied, en daardie dag wanneer hulle dit besef, sal dit te laat wees om ’n regstelling te maak.

Gert Pretorius- Vryburger

lerner1

Artikel 4

Vordering met selfbeskikking in Europa

Onlangse peilings in Skotland wys dat ʼn meerderheid van Skotte nou onafhanklikheid steun. Verlede jaar in September het 45% van Skotte ten gunste van onafhanklikheid in ʼn referendum gestem. Intussen het steun vir Skotse onafhanklikheid bly toeneem en die verkiesingsoorwinning van die Konserwatiewe Party vroeër vanjaar in Brittanje het Skotte nog meer antagonisties teenoor Britse eenheid gemaak.

Die afgelope Sondag is ʼn belangrike tree na onafhanklikheid vir Katalonië, in die noordooste van Spanje gegee. Pro-onafhanklikheidspartye het ʼn meerderheid in streeksverkiesings behaal. ʼn Koalisie van partye en groepe van regoor die politieke spektrum wat almal onafhanklikheid steun het 62 van die 135 setels in die provinsiale parlement gewen. ʼn Meer radikale pro-onafhanklikheidsbeweging het ook 10 setels gewen. Saam sal die twee groepe nou meer as 50% van die setels in die provinsiale parlement beheer.

Katalane voer reeds sedert die middel van die negentiende eeu ʼn stryd om onafhanklikheid. In 1932 het die provinsie ʼn groot mate van outonomiteit gekry. Die afgelope paar jaar het die onafhanklikheidsbeweging in Katalonië egter nuwe energie gekry. Katalonië is ekonomies een van die meer suksesvolle streke in Spanje en die Katalane voel toenemend dat die Spaanse regering hulle misbruik om gate in armer dele van die land toe te stop. Die Katalane, hoewel baie keer links op verskeie politieke terreine, is ook meer gefokus op die behoud van hul eie taal, kultuur en tradisies.

Die uitslag van Sondag se verkiesing kan daartoe aanleiding gee dat Katalonië die eerste treë na onafhanklikheid begin gee. Die leier van die onafhanklikheidsbeweging Artur Mas het na gister se verkiesingsoorwinning gesê dat hulle in die verlede talle verkiesingsnederlae soos goeie demokrate moes aanvaar. Hulle vra nou vir die res van Spanje om hul verkiesingsoorwinning te aanvaar en te aanvaar dat ʼn meerderheid van Katalane onafhanklikheid steun. Planne word reeds gemaak om dié gebied teen 2017 van Spanje los te maak.

Skotland en Katalonië staan nie alleen in hul stryd om onafhanklikheid nie. Talle ander volkere en streke in Europa deel hierdie ideaal. Die Vlaminge se stryd om van België los te breek, die Suid-Tirolers se stryd om hulself van Italië los te maak en weer deel van Oostenryk te word en deesdae selfs die onafhanklikheidstryd van Venesië is welbekend.

Hoewel die reg om selfbeskikking toenemend internasionaal aanvaar word, is die pad na selfbeskikking meestal moeilik. Die sukses van volkere om selfbeskikking, of ten minste ʼn beperkte mate van outonomiteit, te verkry hang van vyf dinge af.

Die eerste is hul vermoë om ten spyte van interne diversiteit en politieke verskille te kan mobiliseer en op belangrike momente te kan saamstaan soos wat in Sondag se verkiesing in Katalonië gebeur het.

Tweedens is geografiese konsentrasie noodsaaklik. In Noord-Amerika en Suid-Amerika het talle inheemse volkere se stryd om selfbeskikking misluk omdat hulle nie suksesvol ʼn geografiese gebied kon domineer nie.

Die derde vereiste is te besef dat selfbeskikking ʼn proses en nie ʼn gebeurtenis is nie. Groeiende selfbeskikking skep resultate wat mense na groter selfbeskikking wil laat streef.

Vierdens is dit belangrik dat jou saak internasionaal aanvaarbaar is. Die laaste vereiste is goeie leierskap wat daarin kan slaag om mense se vrese oor verandering te besweer en die vuur van vryheid in hul aan te steek.

Afrikaners wat na selfbeskikking streef sal eers hierdie uitdagings te bowe moet kom voordat hulle eise kan begin stel.

Orania blog
Artikel 5
VSA en Europa krities oor SA anti-Westerse houding

Uit voorleggings van die Amerikaanse Nywerheidskamer (NPC) en die Europese Kamer van Handel en Nywerheid in SA (EUCCISA) tydens ‘n onlangse sitting van die Parlementêre Portefeuljekomitee vir Handel en Nywerheid oor die Wetsontwerp oor die Bevordering en Beskerming van Beleggers, was dit duidelik dat hulle uiters skepties is oor die SA ekonomiese beleid. Hulle het vir die eerste keer reguit en ondiplomaties gesê beleggingsvertroue in die land is “op sy laagste ooit” en dat die “eerste voorval van onteiening die einde van beleggings in SA sal beteken”. Voorts het hulle die mening uitgespreek dat ten spyte van reuse beleggings in die land, die ANC regering openlike vyandiggesindheid openbaar teenoor die Weste ten koste van sy Brics-vennote. Die NPC het Minister van Handel en Nywerheid Rob Davies by name betrek en gesê nieteenstaande sy beloftes gebeur die teenoorgestelde in die praktyk. Volgens die NPC staan beleggers met  ʼn bedrag van R1.35 triljard gereed om in SA te belê, maar hulle is nie bereid om dit te doen solank daar beleidsonsekerheid bestaan nie.

 

Artikel 6

Toestroming na Europa ingrypende implikasies

Die steeds voortgaande massale toestroming van vlugtelinge en immigrante uit die Midde-Ooste en Noord-Afrika na Europa het allerlei ingrypende maatskaplike, politieke en ekonomiese implikasies, soos bewese probleme met onassimileerbare Moslems, noodwendige rassevermenging en skerp toename in mensehandel. Met feitlik net die klere aan hul lyf stroom honderdduisende, indien nie miljoene, vlugtelinge veral uit Sirië en Irak na Oos-Europa met die hoop om deurgelaat te word om in Wes-Europa en in Brittanje en selfs tot in Ysland te vestig. Talle van hulle probeer ook in oorlaaide bote die Middellandse See oor te steek en in die proses het al groot groepe verdrink. Die jongste aanduidings is dat van die Europese lande hul grense drasties begin sluit. Kanselier Angela Merkel het skielik ‘n beleidsommekeer gemaak, terwyl Hongarye en Oostenryk streng grensbeheermaatreëls ingestel het. Daar word egter deur die media sterk op die emosies van Europeërs gespeel en is daar basies tweespalt of die vlugtelinge verwelkom moet word of gekeer moet word.

Artikel 7
“1 000 jaar om grondeise af te handel” – TLU SA

“Die huidige grondeise proses gaan nie in een mens se leeftyd afgehandel word nie. Trouens, teen die huidige tempo gaan slegs die 20 737 eise wat in die eerste kwartaal van vanjaar ingedien is, meer as 55 jaar neem om te finaliseer. Dit sluit nie die eise in wat nog uitstaande is van die vorige rondte nie, ook nie die wat na die eerste kwartaal ingedien is nie en uiteraard ook nie dié wat nog tot 2019 ingedien moet word nie. Die Departement verwag dat sowat 379 000 eise ingedien sal word. Daardie eise sal dan in ongeveer 1 000 jaar gefinaliseer word!  Hierdie skep bowendien valse verwagtings by eisers dat hulle nog in hulle leeftyd ‘n vergoeding gaan ontvang,” aldus Louis Meintjes, TLU SA president, in reaksie op syfers wat die Parlementêre Portefeuljekomitee vir Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming onlangs ter tafel gelê het. Meintjes moedig boere egter aan om positief voort te gaan om die verbruiker van kos op die tafel te voorsien. Hy sê: “Ons boer steeds, nie te danke aan die regering nie, maar ten spyte van die regering.”

Artikel 8
Opleiding gevra vir kinders tydens plaasaanvalle

N.a.v. ʼn onlangse plaasaanval te George’s Valley, Limpopo, waartydens ‘n kind deur die aanvallers gebruik om hulle deur die huis te begelei, terwyl sy ouers aangehou is, sê AfriForum in ‘n mediaverklaring: “Ons doen ʼn beroep op almal in landelike gebiede om met hulle kinders te gesels oor plaasaanvalle. Ons wil nie hê kinders moet bang gepraat word nie, maar hulle moet weet hoe hulle tydens ʼn aanval moet optree. Plaasaanvallers voel niks vir slagoffers nie en dus moet kinders presies weet wat om te doen om hulself én hulle gesinslede te beskerm.” Die aanval te George’s Valley was op daardie stadium die derde binne 48 uur in die land, met die ander twee, eerstens, Mally Thomson van Richmond, KZN wat deur drie verdagtes met ʼn panga aangeval is en hy toe een doodgeskiet het. Tweedens, Jacobus Kemp van Letsetele, Limpopo, wat op sy aanvallers met ’n haelgeweer geskiet het en een noodlottig gewond het.

Artikel 9
“Zuma dwaal oor geweldsmisdaad en sterftes in Polisie”

“Pres. Jacob Zuma se opmerking dat die kultuur van geweldsmisdaad in Suid-Afrika toegeskryf kan word aan apartheid en kolonialisme, is bewys dat hy dwaal en in ’n staat van ontkenning is. Zuma maak bokspronge oor die geweld in Suid-Afrika en het verlede maand gesê daar moet gekyk word om SA ’n wapenvrye land te maak. Verder stel Zuma en sy regering die voorbeeld van wetteloosheid deur nie eers ’n hofbevel in die Al Bashir-geval te gehoorsaam nie. As die president nie eers die wette gehoorsaam nie, hoekom sal misdadigers dit wil doen,” aldus dr. Pieter Groenewald van die VF Plus.

Artikel 10
ANC in R18 miljard kragprojek

Na berig word het die beleggingsarm van die ANC, Chancellor House, ‘n aandeel in die beplande R18 miljard kragstasie by Colenso, KZN. Na beplanning sal hierdie kragstasie meer as 1000MW bydra tot die nasionale kragnetwerk. In ‘n mediaverklaring vra die DA dat die ANC onmiddellik uit hierdie projek moet onttrek. In die geval van die Medupi en Kusile kragstasies het Chancellor House ‘n 25% aandeel gehad in die R38,5 miljard projekte

 

Ek gaan voort met die artikel deur Marius Smith waar ek gisteraand opgehou het en as ek na die voorsfgaande gekyk het blyk dit al duideliker te raak hoekom Selfbeskikking bo aan ons lys moet wees.

 

Vervolg op artikel oor selfbeskikking deur Marius Smith.

Vervolg van Deel 1

Tydens die onderhandelinge met die ANC deur die Volksfront was daar heeltyd gepraat van ‘n referendum oor selfbeskikking onder diegene wat dit sou wou gehad het.
Met die gesloer in die onderhandelinge en om te verseker dat die April 1994 nie uitgestel gaan word nie is daar tussen die ANC en die VF ooreengekom dat ‘n 35% steun in die 1994 verkiesing genoegsame bewys sou wees dat daar mense is wat selfbeskikking wil hê.
Die VF het toe 37 ½% steun in die 1994 verkiesing verkry en daarmee is die beginsel van selfbeskikking gevestig.

Met die sertifisering van die Grondwet deur die Grondwetlike Hof is die reg op selfbeskikking ook aanvaar. Dus geen referendums, geen meerderheid, geen nodigheid vir saamstaan en al die verskonings wat die draadsitters alewig wil voorhou hoekom selfbeskikking nie moontlik is nie.
Selfbeskikking is n internasionaal aanvaarde politieke neiging waar etniese groepe en volke, veral minderhede om regte, grond en self totale onafhanklikheid agiteer. Selfbeskikking kan intern wees, waar groepe hulle taal, kultuur en geloof binne n eenheidstaat uitleef, maar met spesiale beskerming.

Dit kan ook ekstern wees waar n groep homself regeer, hetsy as deelstaat of heeltemal onafhanklik.

Interne selfbeskikking gaan soms eksterne vooruit en kan as n stap in die regte rigting gesien word.

Goed, maar wat beteken dit vir Afrikaners/Boere/Wittes in SA?

Dit beteken dat ons sal moet bepaal waar woon die grootste konsentrasie van ons mense. Daarna sal ons moet bepaal of daar steun in daardie konsentrasies is vir selfbeskikking. Dit sal deur n referendum/verkiesing met steun aan Front Nasionaal moet bepaal word.

Ons noem dit die verkryging van n mandaat.

Sodra n mandaat verkry is, moet daar aan internasionale regsbeginsels voldoen word, soos bepaal deur die Monte Video ooreenkoms. Daar sal eers eise intern aan die regering gestel moet word en daarna sal daar eskalasie na die internasionale gemeenskap wees. Dit is ongelukkig die enigste vreedsame stappe.

Mense moet baie mooi besef dat selfbeskikking letterlik in hulle huise begin. Praat jou gesin en breer familie om tot steun. Elke huis moet seker maak dat hulle stem vir Front Nasionaal, nie om die regering oor te neem of om n opposisie-party te wees nie (tydmors), maar om n mandaat daar te stel vir selfbeskikking. Daar kan geen twyfel meer wees dat vryheid en selfbeskikking aan die begin van 2015 die een groot samebindende toekomsvisie van die Afrikaner/Boerevolk geword het nie. Nademaal die vrome beloftes van vryheid en uitlewing van elkeen se individuele volksaard wat in 1994 as wortel voor die neus gehou is, een na die ander verdamp het het ‘n ongemak hom tuisgemaak van die volk. En hoe meer die Nuwe Suid-Afrika in chaos, wanorde, korrupsie en duisternis verval, hoe meer mense besef dat oorlewing alleen kan geskied indien die volk weer oor homself kan regeer in ‘n eie staatkundige bestel.

En dit beteken dat die verkryging van selfbeskikking ‘n politieke proses is. Dit moet ons duidelik besef. Geen regering of magshebber of internasionale liggaam gaan hom in die minste steur aan ‘n individu of ‘n kerkgroepering of ‘n kulturele aksie wat namens ‘n volk om vryheid kom vra nie. Dis eenvoudig: Niemand gaan toelaat dat ‘n afsonderlike Xhosa Republiek tot stand kom omdat ‘n swart sanger en ‘n swart sokkerspeler daarvoor vra nie. Dis dieselfde met ons. Die mense wat daarvoor kom vra sal polities verkose volksverteenwoordigers met ‘n duidelike mandaat moet wees. Front Nasionaal is die enigste party wat op die oomblik hierdie beleid as kern het. Selfbeskikking is politiek. Wat van die “ander” mense?

En dit laat my twee dinge besef: Daar bestaan by mense die vraagstuk oor wat van die Suid-Afrikaners wat nie van Westers-Europese herkoms is nie en daar bestaan ook die vraag: Is ons dan die enigste mense wat selfbeskikking wil hê?

Die eerste en belangrikste ding wat ons moet onthou is dit: Ongeag wat die historiese aanspraak van elke groepering is, ons is nou almal hier en ons het almal ‘n vorm van aanspraak. Niemand gaan eenvoudig verdwyn en die probleem oplos nie. Ons sal ‘n manier moet vind om al die mense van hierdie land te akkommodeer. Daar is geen sprake van gedwonge verskuiwings nie. Of ons dit nou wil erken of nie, die gedwonge verskuiwing van mense onder die groepsgebiedewet het die ruimte gelaat vir ‘n stigmatisering van die Nasionale Party se regering onder Verwoerd, Vorster en Botha wat uiteindelik tot die val van daardie struktuur aanleiding gegee het en indirek tot ‘n mate die oorsaak is daarvan dat die huidige bestel as aanvaarbare alternatief beskou is. Ons kan nooit weer daardie fout begaan nie.

So wat doen ons? Ons sal moet saamwerk met partye en groeperinge wat ons visie van selfbeskikking vir etniese groeperinge ondersteun en saam om ‘n tafel gaan sit om ‘n plan te maak. Wanneer afbakening uiteindelik plaasvind sal dit elkeen se eie keuse wees om te verskuif na waar “sy” mense regeer of onderwerp aan die owerheid van die streek waarbinne hy bly. Ons moet egter aanvaar dat dit nie binne ‘n paar weke gaan gebeur nie. Die natuurlike migrasie van mense sal plaasvind oor verloop van ‘n geslag of meer.

 

Deel 2.
Nou is die vraag: Is daar dan ander groeperinge en partye met wie ons oor selfbeskikking kan praat? Beslis ja.

2 dekades gelede het die VF+ met ‘n vaart weggevlieg oor selfbeskikking. Oor verloop van jare het hulle stiller en stiller geraak daaroor in die hoop dat mense maar sal vergeet daarvan. Sedert 2014 is dit ‘n vae beleid van “minderhede” sonder verwysing na selfbeskikking vir die Afrikaner/Boerevolk. Die VF+ verteenwoordig nie meer die Afrikaner in sy selfbeskikkingstrewe nie. Hulle het moed opgegee omdat hulle nie die dryfkrag gehad het om eers te probeer nie – dit het by praatjies gebly. Front Nasionaal het nou daardie banier opgetel.

Die Inkatha Vryheidsparty is in wese nog steeds ‘n Zoeloeparty wat agiteer vir Zoeloeselfbeskikking. Die feit dat hoofman Buthelezi se broerskind, koning Goodwill, ‘n groot grondeis wil indien en reeds sy Ingonyama Trust as selfbeskikkingsgebied administreer, is bewys daarvan dat ons met die Zoeloemense kan saamwerk. Die Tembu-stam van die Xhosavolk wil ook selfbeskikking hê. In die ou bedeling het die Xhosa twee stamlande gehad: Transkei en Ciskei, omdat daar etniese verdeling was. Noudat Mandela as samebindende faktor nie meer daar is nie, verbreed die gaping tussen die stamme weer.

Ons het reeds in verlede jaar samesprekinge gevoer met die Vanghona-mense van Venda oor hulle selfbeskikkingsbehoefte. Hulle steun ons ideaal, dis niks minder as reg dat ons ook hulle s’n steun nie.

Wat van die Kleurlingmense? Die First National Liberation Alliance (Finla) is ‘n beweging wat sterk veld wen en wat vra dat daar ‘n selfregerende Khoisan Federale Staat in die Kaap opgerig word soos voor die 1910 Unievorming. Hierdie staat sluit in alle tradisionele “Kleurlinggebiede” en Kleurling erfenisgebiede – dit is ou sendingstasies soos Genadendal, Wupperthal, Pella ensovoorts waarvan hier gepraat word. Ons is dit met Finla hartstogtelik eens dat die eenheidstaat wat deur die Unie van 1910 geskep is, die bronoorsaak van die probleem is waarmee ons vandag sit – vir almal van ons in Suid-Afrika

Daar is ook Greater Aboriginal Community Council of Southern Africa (GACCSA) wat die belang van die inheemse Khoisan mense verteenwoordig.

FN het ‘n geweldige klomp raakpunte met Finla en tot ‘n mate met IVP en ander partye. En net soos hierdie partye ook ongekende groei toon, is dit dan die geval met FN. Net soos in die res van die wêreld, besef die mense van Suid-Afrika algaande dat eenheidstate en multikulturalisme nie werk nie. Die konsep van nasionalisme en wedersydse respek is die politieke kreet van die toekoms.

Ons moedig die “ander” mense van die land aan, net soos wat ons ons eie mense aanmoedig om hier na Front Nasionaal te kom, om by organisasies aan te sluit wat vra om selfregering vir etniese groeperinge. En iewers in die toekoms, wanneer selfs die mees liberale Suid-Afrikaner sal moet erken dat die Nuwe Suid-Afrika klaaglik misluk het, sal ons dalk almal om ‘n tafel kan sit en ons toekoms in ons eie hande neem. Dit handel nou nie meer oor die geskiedenis van wie eerste was en wie wat op watter manier bekom het nie, dit handel oor die toekoms waar ons almal kan leef en wees in vrede, voorspoed en volksbestaan.
Selfbeskikking is nie onmoontlik nie. Ons kan dit eis op grond van Artikel 235 van die Grondwet. Ons kan dit eis op grond van die VN resolusies wat berus op die Konvensie van Montevideo. Ons kan dit eis op grond van Zuma se uitsprake dat die Afrikaners “hulle eie Nkandla moet bou” en op grond van Mandela en Mbeki se erkenning van die bestaan van die Afrikaner/Boerevolk as nasie. Ons kan dit alles doen, maar ons moet eers ‘n paar struikelblokke oorkom:

1) Ons moet besef dat selfbeskikking ‘n politieke aksie is. Ons sal met die regering moet praat daaroor want die huidige regering word wêreldwyd erken as wettige gesag in Suid-Afrika. Selfs al is die kanse hoe gering dat die ANC selfbeskikking sal toestaan, sal ons eers moet bewys dat ons wel met hulle ‘n pad probeer stap het, ander gaan ons maar net ‘n Rebellegroepie iewers in die wildernis wees.
2) Daar moet ‘n mandaat wees. Die regering en die buitelandse gesagstrukture gaan nie ‘n halfminuut se aandag gee aan ‘n individu wat sê : “Ek kom praat oor selfbeskikking”. Ewe min kan ‘n kultuurorganisasie, landbouvereniging, kerk of vakverbond oor selfbeskikking onderhandel. Dis ‘n politieke party se werk. Die taak van die aktivis is om die volk te mobiliseer en te bemoedig en saam te bring…en dan die werk te oorhandig. Die werk wat Sunette Bridges en Steve Hofmeyr en Brendi Richards en Natasha Visagie en Don Deon en Ingrid Meerbeek De Jager en Johanna Stuijt van Dokkum en Ed Begley en honderde ander goeie vriende van FN doen is van onskatbare waarde, maar uiteindelik gaan selfbeskikking wentel om suiwer politiek.
3) Ons kan nie strewe na selfbeskikking en dit dan self kelder nie. En die twee grootste struikelblokke in die weg van selfbeskikking is die twee argumente
• Stem reg, bly weg. Met ander woorde, ek stem nie want ek erken nie die regering nie. Dit word ‘n wederkerige aksie, in daardie geval sal die regering jou ook nie erken nie en sal die buitewêreld jou nog minder erken en sit jy net mooi waar jy begin het – jy bereik niks daarmee nie, behalwe om belasting te betaal en verder belas te word op jou brandstof en jou rookgoedjies en wat nog alles deur die regering wat jy so hard probeer ignoreer. Wie lag dus laaste? Dis maklik om te argumenteer: My deelname impliseer dat ek die huidige stelsel aanvaar – deur juis te stem vir die party wat die huidige stelsel ten sterkste opponeer, BEWYS jy jou opposisie, want tot op hede het niemand hulle juis gesteur aan die ou wat op stemdag by die huis bly sit nie.
• Die tweede argument is: “Ek stem DA, want dis darem die sterkste opposisie.” Dit is nie. ‘n Party wat maar 24% steun het en boonop die regering steun in sy kwaad is geen opposisie nie. Die mense wat nog steeds vasklou aan die DA doen dit uit suiwere onkunde omdat die begrip nog nie by hulle gedaag het dat Suid-Afrika se rol uitgespeel is nie. Geen party, nie FN of die DA of wie ookal kan ooit weer ‘n suksesvolle staat van Suid-Afrika maak nie. Ons sal Suid-Afrika moet herontwerp. Ter illustrasie: As die skip aan die sink is kry jy drie groepe mense: Party verlaat die skip en swem weg, party staan en skep water oorboord totdat die skip onder hulle voete verdwyn, en die derde groep begin die wrakstukke bymekaar maak en bou ‘n nuwe, kleiner, stewiger vaartuig daarmee. By watter groep wil jy dan wees?

Ten slotte sal ons realisties moet wees. Ons het nie ‘n historiese of demografiese aanspraak op die hele Suid-Afrikaanse geografiese gebied nie. Die areas wat uiteindelik ‘n selfbeskikkingsgebied sal word, sal berus op historiese aanspraak. Noodwendig sal almal nie binne hierdie gebied woon nie en logies gesproke sal almal nie net gewoon kan oppak en trek nie. Ons sal derhalwe ook nie die grense kan sluit en leef asof daar nie ander state en ander volke rondom ons is nie.

Ons sal derhalwe dan ook moet begin praat van “selfbeskikkingsgebiede” eerder as van “volkstaat” of “Boerestaat”, omdat hierdie terme misleidend is.

Volkstaat dra die konnotasie van Orania. Ons admireer en bewonder wat in Orania vermag is, maar Orania is gewoon net ‘n dorp in Suid-Afrika wat in private besit is. Die inwoners is nog steeds burgers van Suid-Afrika, betaal nog steeds belasting aan die owerheid. In die Selfbeskikkingsgebied wil ons volkome soewerein wees hiervan. Selfbeskikkingsgebied is nie ‘n plek waar ons net tussen volksgenote wil woon nie, dis ‘n plek waar ons oor onsself wil regeer. Daar is ‘n enorme verskil tussen die twee gedagtegange.

Boerestaat weer impliseer ‘n uitsluiting van ‘n groep mense binne volksverband wat hulleself nie “Boere” noem nie. By Boerestaat word dikwels ook geïmpliseer dat die herwinning van die twee voormalige Republieke van die OVS en die ZAR ‘n moontlikheid is. Dit is hoogs onwaarskynlik. Die Nasionale Konvensie van 1909 is juis gehou op aandrang van die verkose verteenwoordigers van die Transvaal en die Vrystaat (Jan Smuts en MT Steyn) wat vrywillig hulle reg tot selfregering, soos vervat in die Verdrag van Vereeniging, afgestaan het ter wille van Unifikasie. Daardie moontlikheid is derhalwe staatsregtelik uitgesluit. Jy kan nie vrywillig jou plaas verkoop en dan oor tien jaar dit gaan terugvra omdat jy dink jy het ‘n fout gemaak nie. Ons vermy derhalwe die “Boerestaat” konsep totaal omdat dit nie haalbaar is volgens enige internasionale konvensie nie.

Uiteindelik kan selfbeskikking nie deur ‘n politikus of ‘n aktivis of ‘n facebookblad verkry word nie. Die lot van ‘n volk lê by die volk self. Ons het nogtans nie gaan le nie maar voortgegaan om ons saak op die internasionale verhoog te stel, grondeise ondersoek en ingestel, boere bygestaan met eise teen hul grond en by die VN pleidooie te lewer op grond van VN-resolusies oor selfbeskikking

 

Boere-A-Volksraad

Persverklaring: BVR – Selfbeskikking bly relevant

Selfbeskikking vir die Afrikanervolk is nie uniek in internasionale verband nie, gevolglik nie vergesog nie en allermins onredelik.

Die kwessie van selfbeskikking het skielik in die internasionale kollig beland nadat die Switserse bevolking hulle uitgespreek het ten gunste van die gedeeltelike sluiting van hulle grense vir nie-Switsers. Die Switserse Volksparty het dit reggekry om ‘n referendum oor dié onderwerp af te dwing, nadat ook dié land, soos ander Europese lande, te kampe gekry het met toenemende instroming van vreemdelinge vanuit alle wêrelddele. Net meer as die helfte van die Switserse kiesers het saamgestem dat die grense nie so oop kan bly nie, en dat die invloei van vreemdelinge baie meer beperk moet word.

Switserland het gekies vir nasionalisme: behoud van eie kultuur, beskerming van die eie volk en die behoud van hulle eie staat vir dié wat dit opgebou het. Dit is niks anders nie as ‘n stem vir selfbeskikking.

Die EU se dreigement om sy betrekkinge met Switserland in heroënskou te neem, kan homself op risiko plaas. Sou ander Europese volke dieselfde standpunt sou inneem, wat glad nie onmoontlik is nie, gaan dit die bestaansreg van die EU self in ‘n enorme krisis dompel, en sal ‘n terugslag wees vir die gedagte van streekregerings

Waar die “magtige” EU enkele maande gelede onaantasbaar gelyk het, het die klein Switserse staatjie nou ‘n enorme kraak in sy eenheidmondering geslaan.

Die les hieruit is dat in die wêreldpolitiek, niks in klip gekap is nie. Die Romeinse Ryk was dit nie, die Sowjet-Unie was dit nie, die EU gaan dit nie wees nie, en so sal die Suid-Afrikaanse eenheidsbedeling in dieselfde voetspore volg en verbrokkel voor die mag van nasionalisme en die eis vir selfbeskikking.

Die Volksraad is dus meer as ooit van mening dat die Afrikanervolk se aanspraak op selfbeskikking geregverdig is, in die lig van wat internasionaal gebeur. Met die oopstel van die Europese grense, het die voortbestaan van volkere op grond van hulle unieke kulturele en ook godsdienstige identiteit, in gevaar gekom, en ten spyte van wat regerings sê, is die mense op grondvlak dit nie daarmee eens nie.

Henk van de Graaf
OUD SEKRETARIS – BOERE-AFRIKANER VOLKSRAAD

Enjoyed this post? Share it!