Is Petro-SA betrokke in “kaping” aantuigings, wat is die voorland vir die petrolprys?

Bewerings van ‘n beoogde kaping van Petro SA is deel van ‘n hofaansoek wat gebring is deur ‘n vorige raadslid Willem Steenkamp.

Volgens Steenkamp is hy en ander raadslede afgedank nadat hulle nie ‘n vennootskapsooreenkoms van ‘n Russiese firma ondersteun het nie as gevolg van bande wat die firma met Jacob Zuma het.

In die hooggeregshof aansoek skets Steenkamp ‘n prentjie van ‘n magstryd tussen PetroSA en die Sentrale Energie Fonds (SEF).

Steenkamp beskuldig raadslede van SEF daarvan dat hul die magte en funksies van PetroSA wil oorneem en sodoende beheer verkry oor kapitaal uitgawes en aankoop prosesse.


Enjoyed this post? Share it!