Jacques Pauw het nou ‘n saak teen hom, en hy doen ‘voorbrand’

Die linkse ondersoekende joernalis en skrywer van die blitsverkoper, The President’s Keepers, Jacques Pauw, sien vandag sy regsverteenwoordigers in voorbereiding om ‘n moontlike borgaansoek in te dien vir ingeval hy gearresteer sou word.

Die Staatsveiligheidsagentskap het strafregtelike klagtes teen Pauw ingedien by die polisie, terwyl die Valke ook ondersoek instel of Pauw vervolg moet word.

Waarnemers wys daarop dat die klagte teen Pauw onder die Intelligensiewet, in wese daarop neerkom dat sy feite in sy boek inderdaad korrek is.

By die bekendstelling van sy boek in Pretoria het Pauw gesê dat Suid-Afrika op die punt is om ‘n Mafiastaat te word. In sy nuwe boek onthul hy bewerings van bande tussen President Jacob Zuma en georganiseerde misdaad.

Zuma het intussen slegs gereageer deur te sê dat die land groter probleme as net boeke het.


Enjoyed this post? Share it!