Jacques Pauw ontvang doodsdreigemente – soos hulle sê, die waarheid maak seer

Die joernalis en skrywer, Jacques Pauw, het verskeie doodsdreigemente ontvang na die bekendstelling van sy boek “The President’s Keepers”.

In die boek praat hy oor Jacob Zuma se beweerde belastingontduiking en “onderhandelings” met boewe.

Hy ontbloot ‘n beweerde aksie waarin Zuma gepoog het om sy R63 miljoen belastingrekening onder die mat te vee asook die feit dat Zuma geen belastingopgawes ingedien het in sy eerste vyf jaar as president nie.

Die Staat Sekuriteitsagentskap het gepoog die boek verban te kry oor “onakkurate” beriggewing en dat die boek ‘n bedreiging is vir nasionale sekuriteit .

SAID het intussen ook op die bus geklim en Pauw en sy uitgewers gedreig met regstappe, maar Pauw en die uitgewers is vasbeslote om met die verspreiding van die boek voort te gaan.

Die boek het reeds rekordverkope op die Suid-Afrikaanse en internasionale markte behaal, terwyl die boek tans ook in elektroniese formaat soos ‘n veldbrand versprei.


Enjoyed this post? Share it!