Jong boer pleeg selfmoord

Jong boer pleeg selfmoord

In nog ‘n skokkende geval van selfmoord het ‘n jong boer van Reitz homself doodgeskiet.
Thiou Lourens (22), is vroeër die week in die motorhuis op die plaas Oranjefontein gevind nadat familielede geen tyding van hom gekry het nie.Hy het saam met sy oom, Marius Lourens, op Oranjefontein geboer.
Volgens die polisie was daar ‘n brief langs sy lyk waarin hy geskryf het dat hy die verlange na sy pa nie meer kan uitstaan nie.
’n Geregtelike doodsondersoek is begin. –  Die Vryburger

Enjoyed this post? Share it!