Jong man word gemartel met strykyster tydens huisroof

Aanvallers slaan toe op plaas tussen Vreiheid en Melmoth gedurende die vroëe oggend ure.

Booswigte gewapen met handwapens het ongeveer 03:00 Maandagoggend op die huis van Bronwyn Brooks toegesak. Sy deel die woning met haar twee seuns Andrew (25) en Ross (27). Mev. Brooks was nie tuis ten tye van die voorval nie.

Die aanvallers het ongesiens in Ross se kamer ingekom waar hulle hom vasgemaak het. Daarna het hulle hom voortdurend geslaan en met ’n warm strykyster gebrand. Die booswigte het na vuurwapens gesoek en Ross beveel om die kluis uit te wys.

Gedurende die marteling het Andrew wat klaarblyklik in ’n buitekamer op die erf woon onraad vermoed nadat hy geluide gehoor het wat van die huis afkomstig was. Hy het gaan ondersoek instel . Die aanvallers het hom gewaar en skote is gevuur. Andrew het ’n teenaanval geloods en die aanvallers het weggevlug.

Plaaslike buurtwag, sowel as SAPD is verwittig en het hulle gehaas na die toneel toe. Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie. Inligting is deurgegee deur ene Mnr. Braam Van Niekerk Jr.


Enjoyed this post? Share it!