Jou velkleur maak verseker ‘n verskil in ons regstelsel

‘n Mens kan maar net lag hoe die regstelsel kriminele beskerm. Vandag was maar net weereens ‘n bewys van hoe die ANC sy kamerade beskerm.

Mduduzi Manana voormalige adjunk-minister van hoër onderwys is baie lig gevonnis inteensteling met die Middelburg twee. Die boete en gemeenskapsdiens wat opgelê is aan die vroueslaner, laat my wonder hoeveel die ANC se invloed gebruik is.
Jou velkleur maak verseker 'n verskil in ons regstelsel

Let wel, die mannetjie was tien jaar terug skuldig bevind aan diefstal. Geoordeel aan die ondersteunersklub se baniere van “good leaders know when they are wrong”, is dit duidelik dat hy inteenstelling met die Middelburg twee, alreeds vergewe is. Ek wonder waar was die ANC vroue liga en waarom hulle nou so stil is?

Dit is duidelik dat as die vroueslaner wit was, hy vanaand agter tralies geslaap het.

Deur: Wessel Basson


Enjoyed this post? Share it!