Jy vra soms hoe kry die Partye in ons land geld, hier is die antwoord

Die hoofuitvoerende beampte van JustCoal, Joe Singh, het openlik erken dat hulle R500 000 aan die ANC Jeugliga betaal het om te help met hul probleme rondom ‘n kontrak met Eskom, maar bygevoeg dat hy niks daarmee verkeerd sien nie.

Regskenners meen dat Singh hierdeur erken het dat hy ‘n misdaad begaan het, want die Wet op Voorkoming van Korrupte Aktiwiteite bepaal dat dit ‘n misdaad is om iemand te betaal met die doel dat die persoon iets onwettig moet doen.

Aangesien die deler so goed is as die steler, word die ANC Jeugliga en veral sy leier, ook met die misdaad verbind, en word daar afgewag of die vervolgingsgesag enige vervolging gaan instel al dan nie.


Enjoyed this post? Share it!