Kabinet skommeling Zuma se reddingsboei

Zuma in sy bunker

In ‘n poging om beheer te behou gaan Zuma klaarblyklik hierdie week ‘n kabinetskommeling aankondig.

In die lig van die groeiende weerstand binne die ANC word skuiwe verwag in die kabinet. Soos verlede week berig deur Die Vryburger gaan Rob Davies dalk die eerste slagoffer wees gevolg deur SAKP se Blade Nzimande, Jeff Radebe, Ebrahin Patel en dan natuurlik die fluitjieblaser Mcebisi Jonas.

Volgens politieke ontleders kan Davies vervang word met Sfiso Buthelezi. Die kommuniste in die ANC is veral bekommerd oor Davies (‘n SAKP-lid van hulle sentrale kommitee.)

Davies se teëstand teen die Gupta’s se verkryging van ‘n aandeel in die staalbedryf deur ArcelorMittal is ‘n steen des aanstoots vir die manne van Indië. Gegewe die beskuldings teen die Gupta’s is dit insiggewend dat The New Age koerant (Zupta-beheerd) voor die vergadering van die Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) van die ANC se vergadering versprei is.

Intussen het die presidensie die bewerings van ‘n skommeling ontken maar nie uitsluitsel gegee oor Jonas se posisie nie.- Vryburger

Enjoyed this post? Share it!