Kafee naby Klapmuts deur 13 gewapendes rowers beroof

Kort ná die moord op die boer Joubert Conradie twee weke gelede het gewapende rowers Sondag op die Windmeul-kafee in die Klapmuts-omgewing toegeslaan.

Inwoners is in ’n WhatsApp-boodskap oor die rooftog omstreeks 13:30 ingelig en gemaan om nie die verdagtes te nader nie.

Hoewel beperkte inligting in die boodskap beskikbaar was, is geskryf dat twee voertuie – ’n swart Volkswagen Polo Vivo en ’n wit Corsa-bakkie – na bewering by die rooftog betrokke was.

In die kennisgewing word aangedui dat die aantal vermeende rowers onbekend is en dat hulle gevaarlik en gewapen is.

Die Paarl-polisie het die voorval bevestig en is besig met hul ondersoek.

Kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, het gesê 13 onbekende gewapende mans het na bewering die kafee ingegaan en sigarette, kontant en selfone geneem.

Hulle is te voet weg. Niemand is beseer nie, aldus Van Wyk.

Deur: Netwerk 24


Enjoyed this post? Share it!