Kaneelkoeksisters

kaneel koeksisters
Die stroop versterk as dit oornag gelos word, maar ons kon nie wag nie.
Lewer 25
Bereiding: 20 min.
Gaarmaak: 30 min.
Stroop
1,25 kg suiker
750 ml (3 k) water
2 kaneelstokkies
Deeg
1 liter (4 k) meel
15 ml (1 e) bakpoeier
’n knippie sout
5 ml (1 t) kaneel
2,5 ml (½ t) naeltjies
’n knippie neutmuskaat
30 g botter
1 eier
375 ml (1½ k) melk
olie vir diepbraai
1. Stroop: Verhit die suiker, water en kaneelstokkiesd oor matige hitte in ’n kastrol. Kook 15 minute. Verwyder van hitte en laat dit afkoel.
2. Deeg: Sif die meel, bakpoeier, sout en speserye saam. Voeg die botter by en vryf met jou vingers in tot die mengsel soos broodkrummels lyk. Klits die eier en melk saam in ’n aparte bak. Voeg ’n bietjie op ’n slag by die meelmengsel om ’n sagte deeg te vorm.
3. Keer die deeg uit op ’n werkoppervlak wat liggies met meel bestrooi is, en knie 10 minute tot glad. Laat die deeg 30 minute rus.
4. Rol die deeg uit op ’n werkoppervlak wat baie liggies met meel bestrooi is. Sny in stroke van sowat 11 x 1 cm. Maak drie insnydings oorlangs in elke strook, maar los die bokant vas. Vleg elke strook en knyp die punte vas. Sit eenkant.
5. Verhit die olie oor matige hitte in ’n groot kastrol. Wanneer die olie warm is, voeg sowat 4 koeksisters op ’n slag versigtig by, druk ’n paar sekondes met ’n gaatjieslepel af. Braai tot goudbruin.
6. Skep die koeksisters met die gaatjieslepel uit en onderdompel dit dadelik in die stroop. Pak op ’n draadrak oor ’n bakpan sodat dit kan dreineer. Hergebruik enige stroop wat in die pan afdrup.
Deur Huisgenoot Digitaal op Desember 23, 2014

Enjoyed this post? Share it!