Karamel Poeding

Gewaarborg om op die lysie van familiegunstelinge te beland!

Genoeg vir 6-8 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 40 min.

80 ml (¾ k) bruinsuiker
300 ml bruismeel
125 ml (½ k) melk
1 eier
5 ml (1 t) vanieljegeursel
50 g botter, gesmelt
125 ml (½ k) karamel-treat
SOUS
250 ml (1 k) bruinsuiker
30 g botter
500 ml (2 k) kookwater

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n reghoekige bakskottel.

  1. Meng die bruinsuiker en meel in ’n groot mengbak. Klits die melk, eier, vanielje en gesmelte botter saam en giet dit by die meel in. Meng goed met ’n houtlepel.
  2. Vou die karamel in en giet in die voorbereide bakskottel in.
  3. SOUS Strooi die suiker oor en stip botter bo-op. Giet die kookwater oor en bak 40 min. tot gaar. Sit voor saam met room of natuurlike jogurt.

Deur Hope Malau
Foto’s: Jacques Stander
Stilering: Carmen Petersen

Huisgenoot 9 Mei 2016


 

Enjoyed this post? Share it!