Kaserige aartappel sop

Hierdie resep is perfek vir wanneer jou koskaste effe leeg is en jy ’n lekker stewige gereg soek.

Jou benodighede:
2 kg aartappels
500 g ham
500 ml (2 k) room
350 g cheddarkaas

Skil die aartappels en sny in klein blokkies. Kook tot sag. Voeg ’n bietjie room by en maak fyn. Sit die mengsel in ’n voedselverwerker en verwerk tot glad. Giet dit dan in ’n skoon pot. Sny die ham in klein blokkies en voeg by die aartappelmengsel. Bring tot kookpunt en laat prut. Rasper die kaas fyn en voeg by die mengsel. Laat prut tot die kaas gesmelt is. Voeg die room by om die sop na smaak te verdun. Sit voor saam met heerlike kaasstokkies!

Deur Huisgenoot Digitaal op November 18, 2014


 

Enjoyed this post? Share it!