Kenners reken dat SA Polities Onstabiel is

Toestande in Suid Afrika dui toenemend meer op die laaste fases voor anargie uitbreek.

Al hoe meer kenners waarsku dat die afgelope 18 maande se drastiese toename in sluipmoorde en sluipmoordpogings, asook dreigemente wat politici ontvang, ‘n baie gevaarlike en onstabiele politieke omgewing omskryf.

Ons was onlangs in breedvoerige gesprekvoering met vooraanstaande politieke ontleders, en hierdie kommer is bevestig. Die ANC is tans baie erger verdeeld aan weerskante van die Zuma-lyn. Die pro-Zuma faksie het ‘n groeiende behoefte om op ‘n meer tradisionele Afrika-wyse te reageer. Die anti-Zuma faksie is meer genoeë met ‘n Westerse demokratiese bestel.

Alhoewel hierdie faksie meer in lyn voorkom met ons standaarde, beteken dit geensins dat die Westerse kultuur van regeringsvermoë en politieke wil daar teenwoordig is nie. Die ander kant is natuurlik nog gevaarliker. Die pro-Zuma faksie het ‘n baie duideliker vyandigheid teenoor wit monopolie kapitaal. Daar is sopas bevind dat verskeie webwerwe deur hierdie faksie met behulp van die Bell Pottinger Firma op die been gebring is om rasseverdeling tussen swart en wit te skep.

Hoe verder die pro-Zuma geledere sy rug op Westerse bestuurswyses draai, hoe groter word die vyandskap tussen hul swart magsbasis en die blanke Suid Afrikaner.

Die vyandskap binne ANC geledere het ook tot gevolg dat gewelddadige wedywering vir mag die lyn van stabiliteit uiters dun strek. Verskeie faktore in die politieke arena behoort ernstige kommer te wek. Kry u voorbereiding in orde, tyd kan vinnig uitloop.

Deur: Die Suidlander


Enjoyed this post? Share it!