Kitsbankopblasers skiet wag dood

‘n Veiligheidswag is op Ermelo doodgeskiet nadat hy en ‘n kollega gereageer het op ‘n noodroep van ‘n wag by die Oaks-sentrum in Kerkstraat.

Vier verdagtes het die Standard Bank-kitsbank in die sentrum opgeblaas, terwyl ‘n vyfde lid van die bende, wat met ‘n R5-geweer gewapen was, by die ingang waggehou het.

Toe Dirk Ackermann (38 jaar) en sy kollega, Bashini Nkosi, by die sentrum opdaag het die rowers op hulle losgebrand.

Nkosi wat die voertuig bestuur het, is twee keer in die sy getref.

Ackermann het uit die voertuig gespring om skuiling te soek en is agter in die kop geskiet.

Die rowers het met ‘n onbekende bedrag geld weggekom en in die rigting van Carolina gevlug.

Ackermann laat sy vrou en drie kinders agter.

 Bron: Vryburger

Enjoyed this post? Share it!