Klaas Vakie maak moles by Wêreld Ekonomiese Forum Beraad in Durban

As ‘n mens se dag so ‘n bietjie somber is, kan jy altyd op oom Bob reken vir ‘n skoot vermaak.

Sonder aankondiging of uitnodiging slaan hy toe mos ook uit by die Wêreld Ekonomiese Forum se beraad in Durban. En hy sê daar word gelieg. Zimbabwe het nie moeilikheid nie. Daar is 14 universiteite en 90% van die bevolking is geletterd en naas Suid-Afrika het Zimbabwe die beste ekonomie op die vasteland.
Nie oor woord oor die werkloosheid of die klomp wat nou rotte vang vir ontbyt nie.
Nadat ‘n klomp lede van die gehoor hom openlik uitgelag het, kry hy sy sit….en raak aan die slaap. Soos gewoonlik.
Soos hulle hier in die Kaap sê, oom Bob, : “Lekka djy!”

Bron:  Front Nasionaal SA


 

Enjoyed this post? Share it!

 
  • Andre

    Ag hy is OK hy verskaf ons almal lekker vermaak met sy grappe