Klein Souttertjies

Klein Souttertjies

Klein sout tertjies krea idees
Klein souttertjies met ham en kaas vir padkos of kosblikke. Kinders gaan dol wees hieroor.
Maak 12
Voorbereityd 15 minute
Baktyd 35 minute

Jy benodig
4 eiers
2 koppies melk
2 eetlepels koekmeel
1 teelepel mosterdpoeier
1 ml rooipeper
sout en swartpeper na smaak
1 groot ui, fyngekap
300 g ham, in blokkies gesny
1 koppie cheddarkaas, gerasper
’n hand vol pietersielie, gekap

So maak jy
1 Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n muffinpan met 12 holtes met botter of plaas papierdoppies daarin.
2 Klits die eiers en melk saam. Voeg die meel, mosterdpoeier en rooipeper by en geur dit met sout en peper. Roer die uie, ham, kaas en pietersielie daardeur.
3 Verdeel die mengsel tussen die muffinpan se holtes en bak vir 35 minute tot goudbruin.
BRON – WEG TYDSKRIF

Enjoyed this post? Share it!