Kleuterskool loop ook nou deur onder rassisme veldtog

Vure gestook oor kleuterskool se foto‘n Kleuterskool in Verwoerdburg word ondersoek deur die departement van onderwys in Sentraal-Transvaal op grond van ‘n foto, waarop ‘n swart kind eenkant by ‘n tafeltjie sit langs ‘n tafel waarby blanke kinders sit.

Die LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, het hom na die skool gehaas op grond van die betrokke foto en het ‘n amptelike ondersoek gelas.

Die 19-maande oue swart kind se ma het Facebook gebruik om die foto mee te versprei, en volgens haar toon dit hoe haar kind eenkant sit terwyl blanke kinders by ‘n ander tafel sit.

Dit situasie is verder afgespeel deur die ma wat in haar boodskap op sosiale media aanvoer die blanke kinders het heerlike kos op die tafel voor hulle gehad, terwyl haar “arme kind” net haar kosblik voor haar gehad het.

Volgens haar was sy woedend toe die skool die foto aan haar gestuur het. Sy het haar kind uit die betrokke skool gehaal.

Foto – Panyaza Lesufi

Bron : Vryburger

 


Enjoyed this post? Share it!