Koalisie tussen DA en UDM in Port Elizabeth munisipaliteit distrik besig om in duie te stort

Die koalisie van die DA en UDM in die Nelson Mandela Baai munisipaliteit, wat Port Elizabeth insluit, is besig om in duie te stort.

Dit volg nadat die onderburgemeester, Mongameli Bobani van die UDM, deur die DA verwyder is na ‘n mosie van wantroue in hom.

Die UDM se leier, Bantu Holomisa, het ‘n ultimatum gestel aan die DA om Bobani terug te plaas in sy amp, en dat hulle nie gaan toelaat dat die DA die kleiner koalisievennote soos ‘n “Big Brother” gaan boelie nie.

Twee UDM lede het hul intussen by die ANC geskaar wat beteken dat die DA tans nie besluite kan deurvoer nie.

Dit wil voorkom of die hele aangeleentheid nou ook ‘n draai in die hof kan maak.

Foto: Burgemeeste Athol Trollipen sy adjunk, Mongameli Bobani in tye toe dit nog goed gegaan het met die koalisie.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!