Koers seminaar oor Vryheidstrewe

Eerskomende Woensdag vind ‘n “Koersseminaar oor ons volk se Vryheidstrewe” plaas. Dit is om 19:00 in HF Verwoerdrylaan 321 in Gezina, Pretoria.

Mnr. Meinhard Peters sal praat oor die Afrikaanse student en sy taal op universiteitsvlak.

Mnr. Andries Breytenbach, voorsitter van die Boere-Afrikanervolksraad, sal praat oor die Verkryging van Selfbeskikking vir ons Volk.

Dit is ‘n ope byeenkoms waarheen volksgenote genooi word. Verdere inligting kan bekom word by tel. 012 543-2332.

Op 6 September word die lewe en werk van dr. HF Verwoerd herdenk, wat op daardie dag 50 jaar gelede vermoor is.

Mnr. Paul Kruger, voorsitter van die VVK, sal ‘n kort oorsig oor dr. Verwoerd se staatkundige prestasies lewer, terwyl mnr. Hendrik Verwoerd, seun van dr. Verwoerd, staatjies uit sy lewe sal deel.

Dit vind by die Diamantvallei landgoed plaas naby Kleinfontein, en kaartjies kan bespreek word by Chantal by 079 740 7214.

Die aand van 10 September vind daar ‘n bekendstelling plaas van ‘n dokumentêre film oor die lewe van dr Hendrik Verwoerd, in die senotaafsaal van die Voortrekkermonument.

Bron: Vryburger


 

Enjoyed this post? Share it!