Koffie-en-neut-rollade

patatoes
Hierdie smaaklike rollade het ’n lekker koffieskop.
Genoeg vir 6
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 22 min.
500 ml (2 k) strooisuiker
80 ml (⅓ k) water
150 g gemengde neute
KOEK
5 eiers
100 ml strooisuiker, en ekstra vir bestrooi
250 ml (1 k) meel
45 ml (3 e) kitskoffie
30 ml (1 e) kookwater
VULSEL
400 ml room
400 g donkersjokolade
20 g botter
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer en voer ’n 22 x 31 cm-bakplaat uit met bakpapier en laat daarvan oorhang.
1. Los die strooisuiker op in water in ’n kastrol oor matige hitte. Bring tot kookpunt, verminder die hitte en laat dit 8 min. prut sonder dat jy dit roer of tot die mengsel ’n donker karamelkleur is.
2. Gooi die neute op die gesmeerde bakplaat en giet die warm karamelstroop oor. Laat set tot verhard om met ’n houthamer of rolstok te breek.
3. Koek Klits die eiers en strooisuiker 5 min. in ’n groot mengbak of tot dik en romerig.
4. Sif die meel oor, meng die koffie en kookwater saam en voeg die pasta by die mengsel tot net gemeng en geen meel sigbaar is nie.
5. Versprei die beslag in die gevoerde bakplaat en bak 12 min. of tot die koek terugspring wanneer dit liggies gedruk word.
6. Laat 2 min. afkoel. Plaas op ’n teedoek bestrooi met strooisuiker, rol die rollade op en laat heeltemal afkoel.
7. Vulsel Verhit die room in ’n pot tot dit amper kook. Voeg die sjokolade by en roer die botter in tot heeltemal gesmelt en glad.
8. Rol die koek oop, smeer met die vulsel en bestrooi met die neutbroslekker. Rol die koek sagkens op, plaas op ’n opdienbord, sny en sit voor
Deur Huisgenoot Digitaal op April 17, 2015

Enjoyed this post? Share it!